BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 21/11/2008

TERME EN AFKORTINGS

Vooraf toestemming om VK binne te kom - dit is die formele toestemming wat deur die Britse Hoë Kommissaris verleen word aan ‘n persoon om na die VK te reis in ‘n spesifieke kapasiteit. Die vooraf toestemming of ‘entry clearance’ sertifikaat word algemeen verkeerdelik verwys as ‘n visa en sal in die vorm wees van ‘n vignette of stempel in jou paspoort. Hierdie ‘sertifikaat’ sal die immigrasie beampte inlig oor die doel van jou besoek, die lengte van jou besoek en die laatste datum wat jy die VK mag binnekom.

Die vooraf toestemming om die VK binne te kom kan byvoorbeeld wees as ‘n werkende vakansieganger, ‘n student of as die houer van ‘n voorouer-visum. Vooraf toestemming, waar dit vereis word, moet verkry word voordat daar na die VK gereis word. Normaalweg kan jy die VK binnegaan en verlaat soveel kere as wat jy wil, terwyl die visum geldig is.

Neem kennis dat alle nie-EU burgers wat na die VK wil reis vir ses maande of langer vooraf toestemming moet kry by 'n Britse diplomatieke pos voordat hulle reis na die VK.

Paspoort Beheer - dit is die term wat die proses beskryf waar die immigrasie beampte besluit of ‘n persoon wat die VK wil binnekom (by bv. ‘n lughawe) geldige vooraf toestemming het om so te doen en in die geval van bv. ‘n nie-visa burger wat die VK wil besoek, of so ‘n persoon werklik ‘n besoeker is. Die immigrasie beampte sal op grond van inligting soos die visum ens. besluit of ‘n persoon die VK mag binne kom al dan nie. Indien jou dokumente in orde is sal jy normaalweg nie toestemming om die VK binne te kom geweier word nie, tensy jou omstandighede verander het, jy vals informasie verskaf het of belangrike inligting weerhou het met jou aansoek vir vooraf toestemming om die VK binne te kom.

Permanente Verblyf of 'Indefinite leave to remain' - dit is die term wat die feit beskryf dat daar geen beperking is op die periode wat jy in die VK mag wees nie. Die status word aan ‘n persoon toegeken op grond van die feit dat hul op ‘n meer permanente basis woonagtig/gevestig is in die VK. Indien die houer van permanente verblyf ‘n aaneenlopende periode van twee jaar of meer buite die VK deurbring, op enige stadium, sal daar aanvaar word dat so ‘n persoon nie meer gevestig is in die VK nie en kan die status van so ‘n persoon ontneem word.

Permanente verblyf kan op ‘n verskeidenheid van maniere verkry word. Die lys wat volg is nie volledig nie en dui slegs enkele van die maniere aan:

  • Op grond van die suksesvolle voltooiïng van ‘n vyf-jaar voorouer-visum.
  • Op die basis van die suksesvolle voltooiïing van ‘n twee-jaar huwelik met ‘n VK-burger (huweliksvisum) of ‘n vyf jaar huwelik met ‘n EU-burger, terwyl hulle in die VK gewoon het. 
  • Op die basis van die suksesvolle voltooiïng van ‘n vyf jaar werkspermit.

Burgerskap - Nadat permanente verblyf verkry is, kan daar aansoek gedoen word vir Britse burgerskap. Om te kwalifiseer sal jy normaalweg vir ses jaar in die VK moet gebly het. Die eggenoot van ‘n Britse burger kan egter normaalweg na drie jaar kwalifiseer. Indien ‘n persoon Britse burgerskap verkry, sal hy/sy dieselfde regte hê as ‘n persoon wat as ‘n Britse burger gebore is.

Afhanklikes - Dit is jou eggenoot en kinders onder die ouderdom van 18 jaar oud. Baie van die visums en permitte beskikbaar laat ‘n persoon toe om sy afhanklikes saam na die VK te bring. In uitsonderlike gevalle kan kinders bo die ouderdom van 18 jaar ook die houer van die visum vergesel. Kinders van EU burgers kan kwalifiseer om as afhanklikes te vergesel, indien hulle wel afhanklik is van die houer van die visum.

Openbare fondse - dit is die term wat algemeen gebruik word as ‘n beperking op die die houers van sekere VK visums en permitte. Gewoonlik is die beperking dat ‘n persoon hom/haarself moet onderhou sonder toegang tot openbare fondse. Dus, ‘n persoon mag nie sekere staatsvoordele eis nie. Die openbare fondse sluit die volgende Britse voordele in:

  • Inkome hulp en 'Jobseeker's Allowance (JSA)';
  • Behuisingshulp;
  • Behuisingsvoordele en Plaaslike Owerheid belastingvoordele;
  • Werkende Families se Belastingtoegewings;
  • Sosiale fonds betalings;
  • Kinder Voordele;
  • Enige gestremdheidsvoordele of -toegewings.

Visum Burgers

Burgers van die volgende lande is visum burgers en benodig ‘n visum elke keer wat hulle die VK wil binne kom.

Afghanistan Gambia Palestinian Authority
Albania Georgia Philippines
Algeria Ghana Qatar
Angola Guinea Romania
Armenia Guinea Bissau Russia
Azerbaijan Guyana Rwanda
Bahrain Haiti Sao Tome & Principe
Bangladesh India Saudi Arabia
Belarus Indonesia Senegal
Benin Iran Serbia & Montenegro
Bhutan Iraq Sierra Leone
Bosnia-Herzegovina Ivory Coast Somalia
Bulgaria Jamaica Sri Lanka
Burkina Faso Jordan Sudan
Burma (Myanmar) Kazakhstan Surinam
Burundi Kenya Syria
Cambodia Korea (Dem. People's Taiwan
Cameroon Rep) Tajikistan
Cape Verde Kuwait Tanzania
Central African Republic Kyrgyzstan Thailand
Chad Laos Togo
China, People's Rep. of Lebanon Tunisia
Colombia Liberia Turkey
Comoros Libya 'Turkish Republic of
Congo, Democratic Macedonia Northern Cyprus'
Republic of Madagascar Turkmenistan
Congo, Republic of Mali Uganda
Croatia Mauritania Ukraine
Cuba Moldova United Arab Emirates
Djibouti Mongolia Uzbekistan
Dominican Republic Morocco Vatican City
Ecuador Mozambique Vietnam
Egypt Nepal Yemen
Equatorial Guinea Niger Zambia
Eritrea Nigeria Zimbabwe
Ethiopia Oman 
Fiji Pakistan 
Gabon Peru  

Nuus
Britse Eiendomsmark 
Ergste daling in huismark dalk nou verby.  12/11/2008
nog >>
Britse Immigrasie 
Huidige werkspermit skema verval op 26 November 2008.  29/10/2008
nog >>
Twee-jaar Werksvakansie   
Tyd om aansoek te doen vir die gewilde visum raak baie min.  29/10/2008
nog >>
 
Breytenbachs Suid-Afrika
Skakel Breytenbachs SA vir twee jaar werkvakansie visums by (+27) 12 460 9959
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan aansoek doen nie. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
...ek is julle baie verskuldig en daar het nog nie 'n dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander het deur julle toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit net doen as werk...Julle moet verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het...

Ilana Viljoen 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society