

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 21/11/2008 | ||
By Breytenbachs probeer ons op 'n voortdurende basis om ons dienste te verbeter en die beste diens moontlik aan kliënte te lewer. As deel van hierdie proses waardeer ons terugvoer van kliënte oor hoe hulle ons diens ervaar. Onder kan jy voorbeelde vind van die terugvoer wat ons ontvang het. Die kliënte wie se kommentaar hieronder gebruik is, het almal daartoe ingestem.
Stuur gerus vir ons 'n e-pos met jou terugvoer of gebruik ons terugvoer-vorm. Dit sal ons in staat stel om ons diens aan jou en ander te verbeter.
Indien
jy 'n klag het oor enige aangeleentheid, is jy welkom om dit direk op te
neem met ons senior vennoot, Hannes Breytenbach, by
hannes@breytenbachs.com
![]()
'Ek wil jou weereens komplimenteer oor jou uitstekende diens. Sonder jou sou ek
verseker nie so gemaklik deur dinge kon gaan nie. Ek sal Breytenbachs sonder
twyfel voorskryf as ek van iemand hoor wat wil oorgaan na die VK. As ek jou 'n
punt moes gee uit 10 sou jy verseker 'n 12 gekry het. Van die eerste keer wat ek
met jou in kontak gekom het, het jy my laat voel of jy al jou aandag aan my
spandeer, ek was verstom met hoe professioneel jy alles hanteer en hoe jy my so
gemaklik laat voel oor alles. Ek het voor ek en jy gesels het met drie ander
agentskappe gepraat en was so deurmekaar na elke enkele gesprek. Toe ek van
julle hoor by iemand wat ook net goeie dinge te sê gehad het, het ek nie gedink
dit sal die laaste oproep wees wat ek moet maak nie, maar alles wat ek gehoor
het was waar...'
Phillip
Nothnagel,
p.nothnagel@gmail.com
![]()
'Baie dankie vir al julle hulp, dit word opreg waardeer... Julle was
professioneel ten alle tye en altyd daar met 'n spoedige antwoord. Dankie vir
die moeite! Sou iemand my vra, sal ek net goeie woorde vir julle hê.'
Hannes &
Cecile,
hannesbrits@gmail.com
![]()
'Ek wil julle badank vir julle FANTASTIESE diens!!!Ek het eerstens van ander
"solicitors" gebruik gemaak voor ek gehoor het van Breytenbachs. My visa was
onsuksesvol! Ek het op die internet navorsing gedoen en al Breytenbachs se
besonderhede gekry en direk n oproep gemaak na breytenbachs toe! Die dame wat
die telefoon geantwoord het was baie vriendelik en meer as gewillig om my te
help om na my te luister en het my verwys na Chris Snyman van Breytenbachs. Hy
het na my geluister en kon my direk vertel wat my opsies was op n visa,en dan
wat ek benodig om so n visa te kry! Alle inligting was tot vir my ge e-pos...As
daar n probleem was het Breytenbachs my op hoogte gehou en die probleem
uitgesort en dit iets van die verlede gemaak!!! Ek het my Visa gekry DANKSY
BREYTENBACHS!!!! BAIE BAIE DANKIE vir BREYTENBACHS se WONDERLIKE,UITSTEKENDE
DIENS wat ek ontvang het!!!! Ek sal enigiemand na Breytenbachs verwys!!!| En
enige tyd weer gebruik maak van Breytenbachs!!! Dit was nie eers nodig vir my om
na Breytenbachs self te gaan nie , maar ek het alles telefoonies afgehandel!
Breytenbachs is TOPS!'
J.J.Weir,
bb4lb@hotmail.co.uk
![]()
'Dit is vir my lekker om te weet dat julle daar is om te help met raad ens. Skep
sekuriteit omdat ek besef dat julle deur dieselfde goed moes gaan en 'n sukses
daarvan gemaak het, dalk sonder die hulp en ondersteuning wat jy my bied. Het
gisteraand al die goed gelees wat ek geprint het van julle webwerf en weet dat
dit nie kinderspeletjies is nie, maar ek hou van die onbekende en verandering is
altyd vir my 'n uitdaging.'
Suzette
Landman,
zetinaction@iburst.co.za
![]()
'Ek het toe die goeie nuus gekry dat my aansoek toe goedgekeur is... ek wil jou
net graag bedank vir die uistekende en uiterse professionele diens. Ek gaan
defintief vir al my vriende van julle vertel. Ek dink Breytenbachs is tops! Ek
het gedink dit gaan 'n groot proses wees vir my aansoek, maar jy het dit vir my
so maklik gemaak, alhoewel ek weet daar was maar baie dinge wat julle moes doen,
waarvan ek nie weet nie.'
Pieter Jacobs,
pdjacobs1976@yahoo.com
![]()
'Ek wil jou net weer hartelik bedank vir jou spoedige en vriendelike diens. Sjoe,
sonder jou hulp sou ek seker nie my visa gekry het nie. In die nabye toekoms sal
ek sekerlik weer julle dienste gebruik en dit ook aanbeveel aan al my vriende.
Een ding is verseker ons Suid-Afrikaners weet wat 'customer service' beteken.'
Courtney
Fransman,
courtfransman@yahoo.com
![]()
'Ek is jammer dat ek nie van die begin af eerder weer deur Breytenbachs gewerk
het nie maar ek sal nie weer die fout maak nie.'
Marius de Wet,
dewetmarius@yahoo.co.uk
![]()
'Ek is 'n oud-Rustenburger wat tans in Cambridge woon en wil graag die
Potchefstroom Besigheidskool en die Londen-gebaseerde prokureursfirma,
Breytenbachs bedank vir die uiters geslaagde entrepreneurskursus wat hul onlangs
by die Suid-Afrika Huis aangebied het. Nie net was die kursus insiggewend nie,
maar dit was heerlik om in my Moedertaal met ander Suid-Afrikaners te kon
kommunikeer en nuwe vriendskappe te bou. Hoe verblydend was dit nie om te sien
hoeveel mense 'n verskil in Suid-Afrika wil maak die dag as hulle terugkom na
die land waarna hul so verlang.'
Oud-Rustenburger in die Rustenburg Herout koerant
![]()
'Breytenbachs is 'n maatskappy deur wie ENIGE mens besigheid kan doen. Very very
efficient!'
Cora Munnick
![]()
'Weereens baie dankie vir die puik diens wat ek van julle ontvang het. Dra asseblief my dankbaarheid oor aan die res van die personeel, spesifiek Anine Carstens en mnr Breytenbach vir hulle volgehoue raad en advies. Wees verseker dat ek julle as 'n verwysing sal gebruik vir enigiemand wat dit oorweeg om na Engeland te emigreer of net moet aansoek doen vir 'n visum/werkspermit.'
Christo Deysel
![]()
'...ek is jul baie verskuldig en daar het nog nie een dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander is deur jul toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit nie net doen as werk nie... Julle moet 'n verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het...'
Ilana Viljoen
![]()
'Ek kan jul nie genoeg dankie sê vir al jul hulp en 'handjie-vashou' deur die
proses nie! Ek weet sonder jul merkwaardige ondersteuning en kennis sou ek nie
so maklik my burgerskap gekry het nie, slegs 2,5maande, en daarvoor dank ek die
Here vir mense soos julle! Ek kan jul meedeel dat ek die Vrydag nadat ek my
dokumente gekry het gelukkig genoeg was om 'n seremonie mee te maak en dat ek
laas week in Donderdag die doelwit bereik het waarheen ons gestreef het en het
my Britse paspoort in die pos gekom! Ons is baie opgewonde en ons kan nie wag om
die outjie lekker oor Europa vir 'n 'joyride' te vat nie!'
Louis & Alison Steenberg
![]()
'Weereens dan baie dankie vir die duisende vrae wat julle met Job se geduld beantwoord het, al die inligting wat julle stiptelik verskaf het en al die moeite wat julle vir my gedoen het. Ek het die hele SA rond vertel van julle wonderlike, vriendelike en stiptelike diens! Julle het my voorwaar baie spesiaal behandel en laat voel.'
Ilana Viljoen
![]()
'Oral waar ek gaan, vertel ek vir mense
van Breytenbachs en die puik, professionele diens wat ek van julle ontvang het.
Ek wil jou (Anine) egter as persoon bedank. Dit was 'n absolute plesier om die
afgelope klompie maande met jou te kon saamwerk. Jy en Heidi is 'n groot aanwins
vir Breytenbachs. Nogmaals, baie dankie!'
Andre Jacobs
![]()
'Just want to say thank you to Breytenbachs, I have been using you for the
past 4 years and have received excellent service. Thanks for the excellent
service and friendliness. I wouldn't dream of putting my visa application in
anyone else's hands but Breytenbachs. Keep up the excellent work. You are the
best!'
Charise Oberholzer
![]()
''Breytenbachs has helped me to accomplish a dream. Wanting to work in the UK
and not knowing how to do this, was made so easy by Breytenbachs. I think the
poor solicitor was probably deaf after hearing my SCREAM when she told me my
work permit was approved for 5 years. In every step of the way they were there
for me and I do appreciate it so much. They give EXCELLENT service. I can
vouch for that.'
Elsa Booysen
![]()
'Just a note to say thank you so much for all your help with my work permit.
I'd also like to let you know how fantastic Adele was at helping me with my
case. She put up with my constant emails and stressed out phone calls with
infinite patience and a constant smile. Se was an absolute god send, especially
when it came to chasing up the Applications office and getting my documents
couriered to me in NZ. I don't know where I'd be without you (but it would
probably wouldn't be in England!!!'
Ange Stinger
![]()
'Net 'n kort nota om baie dankie te sê vir die hele Breytenbachs span wat aan
ons aansoek gewerk het. Nie net die raad en advies aan die begin nie, of die
deeglikheid van elke persoon met wie ons gepraat het nie, maar ook die terugvoer
wat ons deurgaans van julle af gekry het. Ek weet dit gaan druk daar by julle,
maar die geduld om 'n angsbevange vraag te beantwoord of ten minste altyd vinnig
op boodskappe of e-mails te antwoord het nie ongemerk verby gegaan nie.'
Phoebus van Deventer
![]()
'It was purely accidental that a visitor from SA brought me a Sunday
newspaper that had a 2-page advertisement about your services. You guys are
making it easier for a lot of people - keep up the good work!'
Marieta van Rooyen
![]()
'I would like to take this opportunity to say thank you for your help with my dependancy visa, I went back to South Africa and sent my application in and received it in 10 days with my visa approved! Thank you so much for your expertise and professionalism. I'm sorry I never thanked you sooner, but I was celebrating too much!
I will recommend you to all my friends and people who might need help with their visas.'
Nolan Hepburn
![]()
'Thank you for notifying me yesterday of the successful outcome of the application and for your service. As I said to you on the phone, after approaching 3 different lawyers who all declined to take on the case, Breytenbachs were the only people willing to consider it. You came recommended and I will definitely recommended you in future to others! It has really made my week!'
Jaco van der Merwe
![]()
'When you hear the stories of work permits issued with incorrect names and the complications involved, you will soon realize how important a competent lawyer is when it comes to decisions that will affect the rest of your life.'
Barry & Maggy Olivier
![]()
'I hereby wish to inform the SA Embassy that my problem with my previous employer was successfully solved by Mr. Breytenbach within a short period of time. Thank you for referring me to Breytenbach Prinsloo. I am proud to say that I will be using his services in the future.'
Colleen Barnes
![]()
'All your patience and hard work is very much appreciated. It's been an often bumpy road, but in the end you have made it a worth while trip. My passport arrived this morning with my work permit in it, the feeling is amazing. You have made a client for life!'
Jonathan de Beer
![]()
'I would like to take this opportunity to thank you all for your hard work put in for my work permit application. I am sure you do understand how grateful I am! Thank you very much. Due to my passport coming back so early I am able to go celebrate Christmas with my family under sunny SA skies! There is no better place than home - thank you!! '
Cledia Plate
![]()
'This feels like the end of a journey, yet simultaneously marks the beginning of a new one; and I was given the initial directions to this new route by yourself, Riana and the other associates at the firm, and I will remember you all with great gratitude for some time to come.'
Guy Kornetzki
![]()
'I want to thank you and your team for working so very hard on our behalf. With your Company supporting and advising us, I feel sure that we will prevail.'
Yanina Barry
![]()
'I have now returned to the UK and would like to thank you for all your help with Helen's marriage visa. As you predicted, we sailed through at the High Commission, and didn't even require an interview! Although we had to wait for the actual visa for a couple of hours, I was surprised that we were not asked any questions whatsoever.
I will certainly be recommending you and Breytenbach's to others. Whilst we were there, other couples who had not prepared properly had the agony of returning to Durban/Cape Town and even the UK, to obtain further documents.'
Nicholas Batchelor
![]()
'From the both of us, our immediate families, both here and in South Africa, thank you, and may the very essence of your work you do continue to enrich people's lives in the high level of standard you follow'.
Cornelius & Zoe Pieterse & Benjamin
![]()
'In this competitive business world, an unselfish helping hand is rare indeed. Fighting the tendency to self-absorption is difficult as pressures escalate. Yet, there is much gratification in knowing that your actions were beneficial to another's life.
Because of your assistance with my Highly Skilled Migrant Visa and the help from your friendly colleague, Hennie Schoeman in South Africa, I was able to get my entry clearance without any further problems. The initial results would not have been possible without your support. Thank you for making me more aware of ways in which I can help others and for reaffirming my belief in the goodness of human nature.
Distinguishing one lawyer from another through the advertising hype that pervades our world is a tiring adventure. Many Law Firms claim superiority because of low fees or unparalleled service. Withstanding the test of promotion is the axiom, "People want to do business with people, not cold companies." Your diligence and professionalism have reassured me that there are other still lawyers that fulfil their promises. I am looking forward meeting all of you in person soon.'
Jay-D Olivier & familie
![]()
| Nuus |
| Britse Eiendomsmark |
| Ergste daling in huismark dalk nou verby. 12/11/2008 |
| nog >> |
| Britse Immigrasie |
| Huidige werkspermit skema verval op 26 November 2008. 29/10/2008 |
| nog >> |
| Twee-jaar Werksvakansie |
| Tyd om aansoek te doen vir die gewilde visum raak baie min. 29/10/2008 |
| nog >> |
| Breytenbachs Suid-Afrika |
| Skakel Breytenbachs SA vir twee jaar werkvakansie visums by (+27) 12 460 9959 |
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en
dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan
aansoek doen nie. Is dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| ...ek is julle baie verskuldig en daar het nog nie 'n dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander het deur julle toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit net doen as werk...Julle moet verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het... Ilana Viljoen
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |