BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Thu, 11/3/2010

Jeug Mobiliteit Skema

Die Jeug Mobiliteit Skema het die gewilde Twee-jaar Werksvakansie visum vervang op 27 November 2008. Persone wat met die instelling van die nuwe Jeug Mobiliteit Skema reeds ’n twee-jaar werksvakansie visum het, sal nie geraak word deur die nuwe skema nie. Hulle sal toegelaat word om hul visum te voltooi onder die huidige reëls.

Die Jeug Mobiliteit Skema werk op die beginsel van balans. Burgers van lande wat deelneem aan die skema sal na die VK mag kom vir twee jaar, mits dieselfde geleentheid beskikbaar is vir jong Britse burgers in daardie land. Elke jaar sal die Britse regering 'n lys van lande publiseer wat kwalifiseer vir die skema, tesame met die hoeveelheid plekke op die skema wat aan elke land toegedeel sal word.

Tans word net burgers van die volgende lande toegelaat om aansoek te doen vir die tipe visum; Australië, Kanada, Japan, Nieu-Zeeland en die Britse Oorsese burgers.

Hoe kwalifiseer ek vir die visum?

Om te kwalifiseer vir die nuwe skema moet 'n persoon 50 punte verdien;

  • 30 punte kan verdien word vir 'n Sertifikaat van Borgskap. Om hierdie sertifikaat te bekom moet die applikant 'n burger wees van 'n deelnemende land en geborg word deur sy/haar land. Dit word gedemonstreer deur 'n geldige paspoort te hê.

  • 10 punte kan verdien word indien die applikant tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar oud is, inklusief.

  • 10 punte kan verdien word indien die applikant kan bewys dat hy/sy hom/haarself kan onderhou tot tyd en wyl daar geld in die VK verdien kan word. 'n Syfer van £1,600 word genoem in die verband.

Suksesvolle aansoekers sal toegelaat word om te woon en werk in die VK vir 'n tydperk van 24 maande. Enige tipe werk mag gedoen word, maar die persoon mag nie 'n besigheid begin nie, professionele sport beoefen nie en ook nie werk as 'n dokter in opleiding nie.

Hoe doen ek aansoek en benodig ek vooraf toestemming om die VK binne te kom?

Aansoek word gedoen vir ‘n werksvakansie by die Britse Hoë Kommisaris in jou land van herkoms. Jy sal die nodige dokumente moet verskaf om te bewys dat jy aan die bogenoemde kriteria voldoen. Breytenbachs sal jou van hulp kan wees in die verband.

'n Paar van die Reëls en Beperkings:

  • Suksesvolle aansoekers sal toegelaat word om te woon en werk in die VK vir 'n tydperk van 24 maande. Enige tipe werk mag gedoen word, maar die persoon mag nie 'n besigheid begin nie, professionele sport beoefen nie en ook nie werk as 'n dokter in opleiding nie.

  • Die visum word toegeken vir ‘n maksimum periode van twee jaar.

  • Enige tydperk wat buite die VK spandeer word gedurende die tydsperk waarvoor die visum toegeken word, word gereken as deel van die visum.

  • Jy het geen toegang tot openbare fondse nie.

Lei hierdie visum na permanente verblyf?

Nee, hierdie permit lei nie tot permanente verblyf nie.

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society