BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 12/3/2010

 Vlak 2 Geskoolde Werker 

Die Vlak 2 permit vir geskoolde werkers het die ou werkspermit skema vervang op 27 November 2008. 

Persone wat werkspermitte ontvang het onder die ou werkspermit skema en waarvoor die tydperk toegeken is om hul te neem tot die kwalifikasie tydperk vir permanente verblyf, sal nie geaffekteer word deur die inwerking stelling van die nuwe Vlak 2 nie. Oorgangsmaatreëls is in plek vir persone wie se toestemming tot verblyf onder die ou skema verval nadat die nuwe Vlak 2 in werking tree. In sulke gevalle sal die werkgewer egter moet aansoek doen vir 'n borgskap lisensie van die Britse 'Border & Immigration' Agentskap, om so 'n persoon in diens te kan hou.

Borgskap Lisensies 

Ingevolge die nuwe Vlak 2, moet 'n werkgewer 'n lisensie kry van die Britse 'Border Agency' wat hom in staat sal stel om burgers van buite die Europese Unie in diens te neem, wat normaalweg werkspermitte sou moes hê. Gelisensieerde borge sal dan kan aandui watter migrante hulle wil hê die Britse regering moet toelaat, deur hulle uit te reik met 'n Borskap-sertifikaat, mits die persoon voldoen aan die vereistes van Vlak 2. Die sertifikaat waarborg egter nie dat die Britse regering die aansoeker sal uitreik met toestemming (entry clearance) om die VK binne te kom nie. As 'n vereiste om 'n borgskap lisensie te behou, sal werkgewers die Britse regering moet verwittig indien 'n migrant nie aan sy visum-vereistes voldoen nie; soos wanneer hy/sy nie opdaag vir werk nie of verdwyn. Indien die borg nie aan die vereistes voldoen nie, kan die borgskap-lisensie opgeskort word.

Die aansoek-prosedure vir so 'n tipe borgskap-lisensie is gekompliseerd en behels 'n aanlyn-aansoek gevolg deur die lewering van toepaslike dokumente.

Breytenbachs beveel aan dat werkgewers sonder versuim met ons in aanraking tree om die aansoek-proses aan die gang te kry.

Wanneer word dit geïmplementeer?

Vlak 2 vir Geskoolde Werkers het in werking getree op 27 November 2008. 

Hoe kwalifiseer mens vir Vlak 2?

'n Aansoeker wat in die VK wil kom woon en werk ingevolge die vereistes van Vlak 2, moet 'n borgskap-lisensie kry van 'n werkgewer en kan bewys dat hy/sy ten minste 70 punte kan verdien ingevolge die kriteria van die skema. Sien asseblief die tabel hieronder. Die punte sluit ook punte in wat verband hou met die borgskap-lisensie en wat uitgereik sal word deur die voornemende Britse werkgewer vir 'n spesifieke pos. Daar is ook twee kontrole toetse, naamlik;

  • 'n Onderhoud vereiste, wat £800 is vir aansoeke van buite die VK, insluitende 2/3 van hierdie bedrag vir elke afhanklike wat die aansoeker gaan vergesel. Die slaagpunt hier is 10 punte.

  • 'n Engelse taalvaardigheid toets. Die slaagpunt hier is ook 10 punte.
     

Afdeling 

Sertifikaat van Borgskap

 

Kwalifikasies 

 

Verwagte verdienste

 

A

Werksaanbod op beroepstekortlys

50

Geen kwalifikasies

0

£17,000 - 19,999

5

 

 

 

 

 

 

 

 

Werksaanbod wat die Plaaslike  

30

NVQ3

5

£20,000 - 21,999

10

 

Arbeidstoets slaag

 

 

 

 

 

 

 

 

Baccaleurs / Meesters 

10

£22,000 - 23,999

15

 

Intra-Maatskappy Oorplasing

30

 

 

 

 

 

 

 

PhD

15

£24,000 +

20

 

 

 

 

 

 

 

B

Onderhoud Vereiste

 

 

 

 

10

 

 

 

 

 

 

 

C

Engelse taalvaardigheid

 

 

 

 

10

Sodra 'n aansoeker 'n borgskap lisensie ontvang het, sal hy/sy moet aansoek doen vir toestemming (entry clearance) om die VK binne te gaan. Dit kan gedoen word by die Britse Hoë Kommissaris in jou land van herkoms.

Die pad vorentoe

Breytenbachs sal sy kliënte in kennis stel van enige verwikkeling via ons maandelikse nuusbrief. Ons wil ook graag kliënte adviseer om ons onverwyld te kontak indien hulle wil aansoek doen vir borgskap lisensies.

Kontak gerus ons kantore vir verdere inligting.

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society