Opleiding en Werkservaring Permit (TWES)
Hierdie tipe permit kan deur ‘n VK werkgewer verkry word om mense in staat te stel om in die VK te werk vir opleiding en werkservaring.
Hoe kwalifiseer ek vir die tipe permit?
- U moet ‘n VK werkgewer hê wat bereid is om u in diens te neem ingevolge die skema.
- ‘n Opleidingspermit moet lei tot ‘n aanvaarde professionele kwalifikasie. ‘n Werkservaringpermit is ‘n permit ingevolge waarvan ‘n persoon werkservaring in die VK opdoen en vereis nie enige kwalifikasies na afloop van die permit nie.
- U moet die nodige akademiese kwalifikasies of werkservaring op die vlak van NVQ of SVQ Vlak III of bokant besit om te voldoen aan die kriteria van die skema.
Die TWES permit wat aangebied word aan die applikant moet ook aan die kriteria voldoen.
Hoe doen ek aansoek en benodig ek vooraf toestemming om die VK binne te kom?
U sal moet aansoek doen vir vooraf toestemming om die VK binne te kom van die Britse Hoë Kommisaris sodra die TWES permit verkry is deur die werkgewer in die VK, indien die permit geldig is vir ‘n tydperk van ses maande of langer. U hoef nie aansoek te doen vir vooraf toestemming om die VK binne te kom indien die TWES permit geldig is vir korter as ses maande nie.
'n Paar Reëls en Beperkings op TWES permithouers:
- Die belangrikste beperking op die houer van ‘n TWES permit is dat dit slegs goedgekeur word op voorwaarde dat beide die werkgewer en werknemer verstaan dat die werknemer moet terugkeer na sy tuisland aan die einde van die TWES permit en nie kan oorskakel na die werkspermitskema nie, behalwe in werklike uitsonderlike gevalle.
- TWES permitte word nie toegeken aan persone in die sport en
vermaaklikheidsektore nie.