BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 30/7/2010

Besoekers

Burgers van lande wat nie 'visum lande' is nie, wat die VK wil besoek hoef nie aansoek te doen vir vooraf toestemming om die VK binne te kom nie. Hulle sal egter wel die immigrasie beampte tevrede moet stel, met hul aankoms in die VK, dat hul wel besoekers of toeriste is. Ons beveel sterk aan dat jy ons kantoor skakel as jy ooit tevore toegang tot die VK geweier is, enige Britse immigrasie reëls of regulasie verbreek het en van plan is om na die VK te reis as ‘n besoeker.

Hoe kwalifiseer ek as ‘n besoeker aan die VK?

  • Jy moet die immigrasie beampte by die aankoms in die VK tevrede stel dat jy die VK vir ‘n periode van nie langer as ses maande wil besoek nie.
  • Jy moet van plan wees om die VK te verlaat met die verstryking van jou besoek aan die VK.
  • Jy moet genoeg fondse beskikbaar hê om jouself te onderhou en te akkommodeer, sonder om te werk of gebruik te maak van openbare fondse.

'n Paar van die Reëls en Beperkings op Besoekers:

  • Jy mag nie werk of ‘n besigheid begin terwyl jy in die VK is nie.
  • Besoekers mag nie die VK binnekom of aanbly in die VK om gratis mediese behandeling van die Openbare Britse Mediese Dienste te ontvang nie. Besoekers moet betaal vir enige mediese behandeling wat hul ontvang en moet daarom verseker dat hul voldoende mediese versekering het om enige mediese uitgawes te kan dek
  • Jou kinders mag nie by 'n staatskool inskryf nie.

Suid-Afrikaanse Besoekers 

Sedert 3 Maart 2009, benodig Suid-Afrikaners wat na die VK reis as toeriste, 'n toeriste visum, alvorens hulle reis. Suid-Afrikaners wat voorheen na die VK gereis het met hul huidige paspoort, is uitgesluit van hierdie nuwe reël. Vanaf middel 2009 sal hulle egter ook moet aansoek doen vir 'n toeriste visum.

Suid-Afrikaners wat via die VK na 'n ander bestemming reis, benodig ook sedert hierdie datum 'n transit visum.

Die goeie nuus vir Suid-Afrikaanse besoekers is dat dit moontlik is om 'n veelvoudige visum vir die VK te bekom, wat jou dan sal toelaat om na die VK te reis sonder om elke keer hoef aansoek te doen vir 'n visum. Breytenbachs se assosiaat kantoor in Suid-Afrika sal jou van hulp kan wees om jou visum te bekom.

Kontak hulle gerus in Suid-Afrika by +27 12 460 9959.

 

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society