

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Thu, 11/3/2010 | ||
Die Verenigde Koninkryk was nog altyd ontvanklik om studente van regoor die wêreld te ontvang. So ook gee dit die geleentheid aan oorsese studente om hoë gehalte kursusse te volg in Brittanje, en die geleentheid om die Britse kultuur te beleef en ervaar.
Die Vlak 4 (Algemeen) studente kategorie is geloods op 31 Maart 2009 en is ontwerp om groter deursigtigheid te bring in die visum-proses. Vlak 4 van die punte-gebaseerde immigrasie-stelsel plaas die onus op die kollege/universiteite om hulle eie studente te beheer en te bestuur, asook die verpligting om studente aan die owerhede te rapporteer wat nie aan sekere standaarde voldoen nie. Dit sluit onder andere in die rapportering van 'n student se klas-bywoning en die opdatering van studente-rekords. Daar word ook ingevolge die punte-gebaseerde stelsel van kolleges/universiteite verwag om 'n lisensie te bekom, alvorens hulle oorsese studente mag borg om in die VK te studeer.
Oorsese studente wat uiteindelik afstudeer in die VK met sekere kwalifikasies kan daarna aansoek doen vir die Vlak 1 Na-studie werk visum, of kan hul kanse bevorder om 'n werkspermit te bekom.
Om aansoek te doen vir 'n studente visum ingevolge Vlak 4 moet 'n aansoeker 40 punte kan verdien om te kwalifiseer;
Vir 'n elektroniese CAS ('Confirmation of Acceptance of Studies') verwysingsnommer van 'n gelisensieërde opvoedkundige instansie, kan jy 30 punte verdien.
Indien jy kan bewys dat jy voldoende fondse in jou bankrekening het, kan jy 10 punte verdien.
Die 'voldoende fondse' wat vereis word sal afhang van die ligging van die opvoedkundige instansie, aangesien verskillende bedrae vereis word vir verskillende liggings in die VK.
Vir 'n geldige CAS nommer van 'n gelisensieerde opvoedkundige instansie kan jy 30 punte verdien.
Indien jy kan bewys dat jy voldoende fondse beskikbaar het kan jy 'n verdere 10 punte verdien.
Indien jy 'n Meestersgraad het kan jy oorskakel na voltydse werk sonder om die VK te verlaat. Ander kategorieë waarin oorgeskakel kan word, sonder om die VK te verlaat is:
'n Vlak 2 werkspermit.
'n Vlak 1 Hoog geskoolde permit.
'n Vlak 1 Na-studie visum.
| VK Permitte en Visums |
| Teken in op Nuusbrief | |
|
| Algemene |
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |