BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 21/11/2008

Eggenoot Visum

Hierdie visum is vir enigeen wat in die VK wil bly saam met sy/haar eggenoot wat ‘n Britse burger is of wat permanente verblyf in die VK het.

Hoe kwalifiseer ek vir die tipe permit?

  • Jy moet kan bewys dat jy getroud is met ‘n persoon wat teenwoordig en gevestig is in die VK of op dieselfde tydstip tot die VK toegelaat word vir permanente verblyf.
  • Jy moet kan bewys dat julle van plan is om permanent saam te woon en dat die huwelik voortdurend van aard is.
  • Jy moet kan bewys dat daar voldoende akkomodasie vir jou en enige afhanklikes is sonder toegang tot openbare fondse vir akkomodasie.
  • Jy moet kan bewys dat jy jouself in die VK kan onderhou sonder toegang tot openbare fondse.

Hoe doen ek aansoek en moet ek vooraf toestemming verkry om die VK binne te kom?

Indien jy aansoek doen in jou land van herkoms moet jy by die Britse Hoë Kommisaris aansoek doen vir vooraf toestemming om die VK binne te kom.

Dit is moontlik om jou status te verander na die kategorie binne die VK, onder sekere omstandighede, maar nie as jy in die VK is as ‘n besoeker nie, of as jy minder as drie maande se toestemming tot verblyf in die VK oor het nie.

Breytenbachs sal u in alle gevalle van hulp kan wees.

Sommige Reëls en Beperkings op die Eggenoot Aansoek

Indien julle vir korter as vier jaar getroud was, sal ‘n proeftydperk van twee jaar toegeken word. Indien jy kan bewys dat jy vir langer as vier jaar getroud is, kan jy onmiddelik by die Britse Hoë Kommisaris aansoek doen vir permanente verblyf.

Lei hierdie visum tot permanente verblyf?

Indien jy vir langer as vier jaar getroud was voor jou aansoek kan jy by die Britse Hoë Kommisaris in jou land van herkoms aansoek doen vir permanente verblyf. Indien nie, kan jy kwalifiseer vir permanente verblyf nadat jy twee jaar in die VK gebly het, mits jy voldoen aan die kriteria vir die eggenoot visum.

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society