BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Wed, 10/3/2010

Alleen Verteenwoordigers

Die Alleen Verteenwoordiger visum is geskep vir die maatskappy wat een van sy sleutel individue na die VK wil stuur om 'n tak of verteenwoordigende kantoor van die maatskappy in die VK te open.

Hoe kwalifiseer ek vir die tipe permit?

  • Jy moes van buite die VK gewerf wees as 'n verteenwoordiger van die firma wat sy hoofkantoor en hoofbesigheid buite die VK het, en wat geen tak, verteenwoordigende kantoor of ander verteenwoordigers in die VK het nie.
  • Jy moet die VK wil binnekom as 'n senior werknemer met volle mag om operasionele besluite te neem namens die oorsese maatskappy vir die doeleindes van verteenwoordiging in die VK, deur die vestiging en bestuur van 'n geregistreerde tak of 'n subsidiêre tak, onder volle besit en beheer van die oorsese maatskappy.
  • Jy moet van plan wees om voltyds in diens te wees as verteenwoordiger van die oorsese firma in die VK.
  • Jy mag nie 'n meerderheidsaandeelhouer van die oorsese firma wees nie.
  • Jy mag nie van plan wees om werk te aanvaar buite die bestek van jou pligte as alleen verteenwoordiger nie.
  • Jy moet kan bewys dat jy jouself en enige afhanklikes kan onderhou en akkomodeer sonder toegang tot openbare fondse.

Hoe doen ek aansoek en moet ek vooraf toestemming verkry om die VK binne te kom?

Aansoek word gedoen by die Britse Hoë Kommissaris in jou land van herkoms. Breytenbachs sal jou aansoek voorberei, waarna jy 'n onderhoud by die Britse Hoë Kommissaries aflê, wat die diskresie het om 'n besluit te neem sonder om dit na die VK Departement van Binnelandse Sake te verwys.

U moet vooraf toestemming verkry om die VK binne te kom voordat u na die VK reis.

Sommige Reëls en Beperkings op 'n Alleen Verteenwoordiger

  • Die visum word aanvanklik toegeken vir 'n periode van 2  jaar en kan daarna uitgebrei word vir 'n verdere tydperk of typerke van tot 3 jaar.
  • Jou afhanklikes mag sonder beperking in die VK werk.
  • Jy mag nie die kategorie gebruik indien jy die meerderheidsaandeelhouer van die oorsese maatskappy is nie.
  • Die hoofkantoor en primêre plek van besigheid van die oorsese firma moet ten alle tye oorsee wees.
  • Jy het geen toegang tot openbare fondse nie.

Lei hierdie visum na permanente verblyf?

Ja, indien jy toestemming kry om vir vyf jaar in die VK te bly in die kategorie, kan jy aansoek doen vir permanente verblyf aan die einde van die vyf jaar.

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society