BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 21/11/2008

Vlak 1 Na-Studie Werkers

Die Vlak 1 (Na-Studie Werk) van die Punte-gebaseerde stelsel is in werking gestel op 30 Junie 2008.

Die kategorie stel internasionale studente, wat in die VK gestudeer het, daartoe in staat om in die VK te werk vir 'n tydperk van twee jaar. Tydens die twee jaar op die tipe permit benodig die houer nie 'n borg om te werk nie. Die doel van die kategorie is om internasionale studente die kans te gee om oor te skakel in die geskoolde of hoogs geskoolde immigrasie-kategorieë. Daar word dan ook van hulle verwag om so gou as wat hulle kan oor te skakel na een van die meer permanente kategorieë.

Hoe kwalifiseer ek vir die tipe permit? 

Om te kwalifiseer vir die tipe permit, moet jy ten minste 75 punte verdien vir eienskappe. Aansoekers moet ook 'n Engelse taalvaardigheidstoets slaag (10 punte), asook 'n onderhoud-vereiste (10 punte). 

Punte kan as volg verdien word: 

Vlak 1 (Na-Studie Werker) - Eienskappe

 
 
 

NEEM KENNIS: Jy moet ten minste 75 punte verdien vir jou eienskappe

Die aansoeker is toegeken: 
1) 'n Erkende Britse Baccaleurs of nagraadse kwalifikasie; 
2) 'n Britse nagraadse sertifikaat of diploma; of
3) 'n Hoër Nasionale Diploma (HND) van 'n Skotse instansie.
 
20  

Die aansoeker het studeer by 'n Britse instansie wat 'n erkende Britse instansie is,
of het 'n borgskap lisensie ingevolge Vlak 4 van die punte-gebaseerde stelsel.

OF

Indien die aansoeker die punte eis vir die toekenning van die HND van 'n Skotse instansie,
moet die HND toegeken gewees het deur 'n Skotse openbare befondste instansie vir
verdere of hoër onderrig, of 'n Skotse bona fide private instansie wat voldoende rekords
hou van inskrywing en bywoning.
 

20  
Die aansoeker se studie en/of navorsing vir die kwalifikasie ingevolge waarvan hy/sy
kwalifiseer is gedoen onderwyl hy/sy in die VK was met toestemming tot verblyf as 'n:

1) student (dit sluit in student, student verpleegster, student wat her-eksamen skryf,
student besig met 'n tesis); of
2) afhanklike van iemand met toestemming tot verblyf in 'n kategorie wat afhanklies toelaat.

20  

Die aansoeker het die aansoek gedoen vir verblyf as 'n Vlak 1 (Na-Studie Werk) migrant binne 12 maande vandat die relevante kwalifikasie verwerf is.
 

15

Vlak 1 (Na-Studie Werk) - Engelse Taalvaardigheid

 
 
 

Jy kan 10 punte in die kategorie as volg verdien:

Vlak 1 (Na-Studie Werk) aansoekers wat die slaagpunt van 75 punte
verdien vir eienskappe sal outomaties die Engelse taalvaardigheid toets slaag. 

10

Vlak 1 (Na-Studie Werk) - Onderhoud


Jy kan 10 punte in die kategorie as volg verdien:
 

Aansoekers met huidige verblyf in die VK moet £800 beskikbare fondse hê.
Aansoekers wat van buite die VK aansoek doen vir verblyf moet £2,800 beskikbare fondse hê.

10

Reëls en Regulasies van toepassing op Vlak 1 (Na-Studie) Werk: 

  • Suksesvolle aansoeke in die kategorie sal 'n eenmalige toekennig vir verblyf kry van twee jaar.
  • Geen verdere verlengings sal toegeken word in die kategorie nie.
  • Jy het nie toegang tot openbare fondse nie.
  • Jy mag nie in diens geneem word as 'n dokter in opleiding nie.

Lei hierdie tipe visum na permanente verblyf?

Nee, tyd wat in die kategorie spandeer word, kwalifiseer nie die houer daarvan vir permanente verblyf nie.

 

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society