

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 21/11/2008 | ||
Onbeperkte Verblyf in die VK of Indefinite Leave to Remain (ILR) soos dit beter bekend is, is die term wat die feit bevestig dat daar geen beperking is op die tydperk wat jy in die VK kan bly nie. Dit word ook algemeen na verwys as permanente verblyf. Die status word aan ‘n persoon toegeken op die basis dat hy/sy gevestig is in die VK. Indien die houer van permanente verblyf vir ‘n periode van twee jaar of langer buite die VK is, op enige tydstip, sal daar aanvaar word dat so ‘n persoon nie meer in die VK gevestig is nie en kan die status van hom/haar ontneem word.
Permanente verblyf kan op ‘n verskeidenheid van maniere verkry word. Die lys wat volg is nie volledig nie en dui slegs enkele van die maniere aan:
Nadat permanente verblyf verkry is, kan daar aansoek gedoen word vir Britse burgerskap. Om te kwalifiseer sal jy normaalweg vir ses jaar in die VK moet gebly het. Die eggenoot van ‘n Britse burger kan egter na drie jaar kwalifiseer. Indien ‘n persoon Britse burgerskap verkry, sal hy/sy dieselfde regte hê as ‘n persoon wat as ‘n Britse burger gebore is.
As jy enigsins twyfel oor jou huidige status, moenie huiwer om Breytenbachs te skakel nie.
Ons help graag!
| VK Permitte en Visums |
| Teken in op Nuusbrief | |
|
| Algemene |
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |