BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 21/11/2008

Vlak 1 Investeerders

Die Vlak 1 (Investeerder) kategorie is vir individue met 'n hoë netto waarde wat 'n substansiële belegging in die VK wil maak.

Die kategorie van die punte-gebaseerde immigrasie-stelsel het die vorige Investeerder kategorie vervang op 30 Junie 2008. 

Hoe kwalifiseer ek vir die permit? 

Om te kwalifiseer om aansoek te doen vir die Vlak 1 (Investeerder) kategorie onder die punte-gebaseerde stelsel, moet jy 75 punte verdien vir eienskappe. Aansoekers in die kategorie hoef nie die gewone Engelse taalvaardigheid kriteria en aparte vereiste vir voldoende fondse na te kom, soos aansoekers in die meeste ander kategorieë van die punte-gebaseerde stelsel nie.

Punte kan as volg verdien word: 

Vlak 1 Investeerder 

Die tabel is van toepassing op alle aansoekers wat aansoek wil doen vir toegang tot die VK in hierdie kategorie, asook vir verdere verblyf in die VK in die kategorie, indien hulle voorheen toestemming tot verblyf gehad het in 'n ander kategorie of die ou Investeerder kategorie.
 

 
 
 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS: Jy moet 75 punte vir jou kenmerke verdien

A. Die aansoeker het geld van sy eie
wat gehou word in 'n gereguleerde
finansiële instansie wat beskikbaar is
in die VK en niks minder is as
£1 miljoen nie; OF
 

75 

B. 1) Die aansoeker het persoonlike
bates, wat met die laste in ag geneem
daarop, 'n waarde het wat £2 miljoen
oorskry; en

2) Die aansoeker het geld onder sy
beheer wat in 'n gereguleerde
finansiële instansie gehou word en
beskikbaar is in die VK en niks minder
is as £1 miljoen nie, en aan hom
geleen is deur 'n finansiële instansie
wat geregueleer word deur die Britse
'Financial Services Authority' (FSA).
 

75

Moet jy vooraf aansoek doen vir toestemming om die VK binne te kom?

Aansoeke binne die VK - Indien jy tans in die VK is in 'n immigrasie kategorie wat jou toelaat om jou immigrasie status te verander na die Vlak 1 Investeerder roete van binne die VK, sal daar nie van jou vereis word om terug te keer na jou land van herkoms om aansoek te doen by die Britse Hoë Kommissaris nie. Kontak asseblief ons kantore om uit te vind of jy wel van binne die VK kan aansoek doen in jou geval.

Aansoeke van buite die VK - Indien jy tans in die VK is in 'n immigrasie kategorie wat jou nie toelaat om oor te skakel na die Vlak 1 Investeerder kategorie van binne die VK nie, of indien jy nie tans in die VK is nie, sal daar van jou verwag word om jou aansoek in te dien by die Britse Hoë Kommissaris in jou land van herkoms.

'n Paar Reëls en Regulasies op die houer van 'n Vlak 1 (Investeerder) permit:

  • Daar is geen werksbeperkings op jou verblyf in die VK nie, behalwe vir die feit dat jy nie mag werk as 'n dokter in opleiding nie, met ander woorde jy mag nie 'n opleidingspos in die Britse Nasionale Gesondheidsdiens beklee nie.
  • Jy het nie toegang tot openbare fondse nie.
  • Jy sal aanvanklik toestemming kry om in die VK te bly in die kategorie vir drie jaar. Na die drie jaar kan jy aansoek doen vir 'n verlenging van twee jaar wat aan jou toegeken sal word indien jy voldoen aan die verlengings-vereistes van die Vlak 1 Investeerder kategorie.
  • Jy word toegelaat om jou afhanklikes saam te bring na die VK.

Wat gebeur aan die einde van die aanvanklike drie jaar periode:

Die houer van 'n Vlak 1 (Investeerder) permit kan aan die einde van sy/haar aanvanklike drie jaar periode op die permit aansoek doen vir 'n verlenging van die permit vir 'n verdere twee jaar. Daar sal van die aansoeker verwag word om weereens 75 punte te verdien vir kenmerke.

Sien asseblief die tabel hieronder.

Vlak 1 Investeerder - Aansoek vir Verlenging

Die tabel is van toepassing op alle aansoekers wie se vorige toestemming tot verblyf gegee is onder die Vlak 1 (Investeerder) of die ou Investeerder kategorie.

 

 

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:  Jy moet ten minste 75 punte verdien vir kenmerke

A. Die aansoeker het geld van sy eie
onder sy eie beheer in die VK wat
nie minder is nie as £1 miljoen; OF
 

30

B. 1) Die aansoeker het persoonlike
bates wat, in ag genome enige laste
daarop, 'n waarde het wat £2 miljoen
oorskry; en

2) Die aansoeker het geld onder sy
beheer wat gehou word in 'n gereguleerde
finansiële instelling en beskikbaar is in
VK en niks minder is as £1 miljoen nie,
en deur hom geleen is deur 'n finansiële
instelling wat gereguleer word deur die
Britse 'Financial Services Authority' (FSA).
 

30

Die aansoeker het nie minder nie as
£750,000 van sy kapitaal in die VK
investeer in Britse regeringsverbande,
aandele kapitaal, of leningskapitaal in
aktiewe en handeldrywende geregistreerde
Britse firma's, uitgesluit firma's wat
hoofsaaklik bedrywig is in
eiendomsbeleggings.
 

30

Die belegging waarna hierbo verwys is,
was gemaak binne drie maande vandat
die permit toegeken is en die belegging
volgehou is vir die oorblywende tydperk
waarvoor die permit toegeken is; OF

Daar is laas toestemming aan die aansoeker
gegee om in die VK te bly as 'n Investeerder.
 

15

Lei 'n Vlak 1 (Investeerder) permit tot permanente verblyf in die VK?

Ja, aan die einde van die tydperk van vyf jaar op die Vlak 1 (Investeerder) permit sal jy normaalweg mag aansoek doen vir permanente verblyf in die VK. Indien 'n persoon besluit om na die kategorie oor te skakel van 'n ander kategorie wat ook normaalweg lei tot permanente verblyf, sal daardie tydperk nie verlore gaan vir die kwalifiseringstydperk vir permanente verblyf nie, aangesien die tyd normaalweg gekonsolidieer sal word met die tyd wat spandeer is op die Vlak 1 (Investeerder) kategorie. Daar is egter altyd uitsonderings en ons beveel aan dat advies in die verband van ons verkry moet word.

.

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society