BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 21/11/2008

Vlak 1 Entrepreneur

Die Vlak 1 Entrepreneur kategorie van die Punte-gebaseerde stelsel is geloods op 30 Junie 2008. Die kategorie is vir persone wat in die Verenigde Koninkryk wil investeer deur die vestiging of oorname van 'n besigheid, en aktief te wees in die daaglikse bestuur van een of meer so 'n besigheid in die VK.

 Hoe kwalifiseer jy vir die permit? 

Om te kwalifiseer vir die kategorie, moet jy ten minste 75 punte verdien vir eienskappe. Aansoekers moet ook die Engelse taalvaardigheid (10 punte) en onderhoud-vereistes (10 punte) slaag.

Punte kan as volg verdien word:  

Vlak 1 Entrepreneur - Eienskappe - AANVANKLIKE AANSOEKE

 
 
 

NEEM KENNIS: Jy moet ten minste 75 punte verdien vir eienskappe


Jy het £200,000 van jou eie geld beskikbaar om 'n nuwe investering te maak in 'n besigheid in die VK. Geld wat ingesluit mag wag word is geld wat deur 'n derde party beskikbaar gemaak is, en wat beskikbaar is vir jou of die besigheid wat jy bestuur.
 
25  


Die geld word gehou in een of meer gereguleerde finansiële instansies. Die finansiële instansie moet gereguleer word deur 'n plaaslike reguleerder, waar die finansiële instansie besigheid doen en die geld aanwesig is.
 

25  
Die geld moet beskikbaar wees in die Verenigde Koninkryk. 25  
Vlak 1 Entrepreneur - Eienskappe - AANSOEKE OM VERLENGING  
NEEM KENNIS: Jy moet ten minste 75 punte verdien vir eienskappe  

Jy het investeer, of daar is namens jou, ten minste £200,000 in kontant in een of meer besighede in die VK belê.
 
20  

Jy is by die Britse 'HM Revenue and Customs' geregistreer as in self-indiensname; of het 'n nuwe besigheid geregistreer waarvan jy 'n direkteur is; of jy het geregistreer as 'n direkteur van 'n bestaande besigheid.
 
20  
Jy is betrokke in die besigheids-aktiwiteit wat aangedui is op jou aansoek. 15  


Jy het: 
'n Nuwe besigheid gestig of 'n besigheid begin wat ten minste twee voltydse werksgeleenthede geskep het vir persone gevestig in die VK; of
Jy het 'n by 'n bestaande besigheid aangesluit of 'n besigheid oorgeneem en die dienste en investering wat jy gemaak het, het gelei tot 'n netto toename in die indiensname van persone gevestig in die VK, deurdat ten minste die ekwivalent van twee voltydse werksgeleenthede geskep is. 
 

20

Vlak 1 Entrepreneur – Engelse Taalvaardigheid

 
 
 

Jy moet tien punte in die kategorie verdien.


1) Jy is 'n burger van 'n Engels-sprekende land; of
2) Jy het 'n Engelse taaltoets geslaag wat op die Britse 'Home Office' se lys van goedgekeurde taaltoetse is; of
3) Jy het 'n graad-kwalifikasie wat deur UK NARIC beoordeel is as in Engelse onderrig en gelykstaande aan 'n Britse Baccaleurs graad.

OF

1) Jy het toestemming gekry tot verblyf in die VK in 'n Vlak 1 kategorie (uitsluitende die Investeerder of Na-Studie Werk kategorieë) en doen nou aansoek vir 'n verlenging.
2) Jy het toestemming tot verblyf gekry as hoogs  geskoolde migrant onder die immigrasie reëls wat in werking getree het op 5 Desember 2006, en jy doen nou aansoek vir 'n verlenging in die kategorie.
 

10

Vlak 1 Entrepreneur – Onderhoud


Jy moet tien punte in die kategorie verdien. 
 


Indien jy van binne die VK aansoek doen - Jy moet bewys dat jy £800 beskikbare gelde het.
Indien jy van buite die VK aansoek doen - Jy moet bewys dat jy £2,8000 beskikbare gelde het.

Jy mag nie enige van die geld insluit wat deel is van jou £200,000 as bewys van beskikbare fondse vir doeleindes van onderhoud nie.
 

10

 'n Paar reëls van toepassing op die Vlak 1 Entrepreneur:  

  • Jy mag aansoek doen vir jou afhanklikes om jou te vergesel of om by jou aan te sluit in die VK.
  • Jy moet jouself ondehou en akkommodeer sonder toegang tot openbare fondse.

Lei hierdie tipe visum tot permanente verblyf?

Ja, na vyf jaar in die VK as entrepreneur kan jy aansoek doen vir permanente verblyf.

 

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society