

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 21/11/2008 | ||
Enige burger van ‘n Europese Unie land kan verblyf in die VK opneem ingevolge die EU ooreenkoms en is ook geregtig om hul familie saam te bring. Familie sluit in ‘n eggenoot, kinders onder die ouderdom van 21 jaar en enige ander familielede wat deel is van dieselfde huishouding en afhanklik is van die EU burger.
Hoe kwalifiseer ek?
Alle nie-EU burgers van die familie wat die EU-burger vergesel na die VK kan aansoek doen vir die EU Familie Permit by die Britse Hoë Kommissaris.
Hoe doen ek aansoek en moet ek vooraf toestemming kry om die VK binne te kom?
Die aansoek deur die nie-EU familielede moet by die Britse Hoë Kommissaris gedoen word. Die permit word gewoonlik toegeken vir ses maande.
Binne die eerste ses maande van aankoms in die VK, moet die EU burger by die Britse Home Office aansoek doen vir ‘n burgerskappermit en alle nie-EU familielede moet terselfdertyd aansoek doen vir die vyf jaar verblyfstempel vir hul paspoorte.
Breytenbachs spesialiseer ook in Europese Immigrasie-wetgewing en sal u van hulp kan wees. Ons help graag!
'n Paar Reëls en Beperkings
Lei hierdie permit tot permanente verblyf?
Ja, aansoek vir permanente verblyf kan deur alle familielede gedoen word, insluitende die EU burger, na vyf jaar se verblyf in die VK, onderhewig daaraan dat die nodige toestemming in die tussentyd verkry is.
| VK Permitte en Visums |
| Teken in op Nuusbrief | |
|
| Algemene |
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |