BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 21/11/2008

Afhanklikes van Permanente Visum Houers

‘n Aansoeker wat suksesvol was om ‘n permit/visum te kry om die VK binne te kom onder een van die permanente visum kategorieë mag sekere familielede saambring na die VK.

Hoe kwalifiseer ek vir die tipe permit/visum?

Jy moet:

  • Die eggenoot of die burgerlike vennoot (civil partner) van die aansoeker wees, of
  • Die ongetroude lewensmaat van die aansoeker - sien gedeelte hieroor, of
  • Jy moet die kind van die hoofaansoeker wees, wat jou ouers na die VK vergesel.

Dit is soms moontlik vir ‘n kind om een ouer na die VK te vergesel, maar spesiale en baie spesifieke reëls geld in die verband. Kontak asseblief Breytenbachs vir advies hieroor.

Neem asseblief kennis dat kinders bo die ouderdom van 18 jaar individueel moet kwalifiseer ingevolge die Britse Reëls vir verblyf in die VK. In uitsonderlike gevalle kan aansoek vir kinders bo die ouderdom van 18 jaar gedoen word om hul ouers na die VK te vergesel as afhanklikes. Kontak asseblief Breytenbachs in die verband.

Hoe doen ek aansoek en moet ek vooraf toestemming verkry om die VK binne te kom?

Ja, vooraf toestemming om die VK binne te kom moet by die Britse Hoë Kommissaris in jou land van herkoms gedoen word. In gevalle waar die hoofaansoeker ‘n werkspermit verkry het moet die permit eers in die VK verkry word, voordat daar aansoek gedoen kan word vir vooraf toestemming om die VK binne te kom. In alle ander gevalle, kan afhanklikes aansoek vir vooraf toestemming om die VK binne te kom op dieselfde tydstip doen as die hoofaansoeker.

Breytenbachs kan u help met ‘n permit vir afhanklikes van die houers van permanente visum, asook aansoeke vir vooraf toestemming om die VK binne te kom.

Sommige Reëls en Beperkings op die houers van afhanklikheidsvisums:

  • Die visum word toegeken vir dieselfde periode as vir die hoofaansoeker.
  • Jy mag werk sonder enige beperking, behalwe die afhanklikes van onafhanklike afgetrede persone, wat glad nie mag werk in die VK nie.
  • Jy kan die VK veelvoudige kere binnekom en verlaat.
  • Jy het geen toegang tot openbare fondse nie.

Lei hierdie permit na permanente verblyf?

Ja, indien die hoofaansoeker permanente verblyf kan verkry aan die einde van die vyf jaar in die VK, sal sy/haar afhanklikes wat saam in die VK is, ook op dieselfde tydstip kan aansoek doen vir permanente verblyf.

Teken in op Nuusbrief

Vul asb u besonderhede hieronder in om die maandelikse Breytenbachs nuusbrief te ontvang.

 
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society