

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Sat, 4/7/2009 | ||
Een van die mees algemene vrae wat kliënte aan Breytenbachs vra, is hoe hulle nie-EU lewensmaats by hulle kan aansluit in die VK. Gelukkig is daar 'n paar maniere hoe die Britse immigrasie-stelsel dit toelaat.
Die sogenaamde 'Civil Partnership' Wet het in werking getree op 5 Desember 2008 en laat mense van dieselfde geslag toe om as burgelike vennote van mekaar te registreer.
Dit is 'n geregtelike verbintenis wat die verhouding erkenning gee in die oë van die reg, en ook aan beide partye tot die vennootskap regte en verantwoordelikhede gee. Dit stel die partye tot die vennootskap in staat om dieselfde behandeling in terme van die reg te kry as die van 'n getroude paartjie - soos belasting-voordele, indiensname- en pensioen voordele, 'n plig om redelike onderhoud aan die ander party te gee, asook die erkenning van enige kinders van die familie vir doeleindes van immigrasie en nasionaliteit.
Om 'n burgerlike vennootskap te registreer is 'n ernstige stap en die vennootskap eindig nie bloot wanneer een van die partye wegstap uit die verhouding nie. Om so 'n verbintenis te beeïndig moet die partye by die hof aansoek doen om die verbintenis te ontbind, en dieselfde kwessies as die in 'n egskeiding word aangespreek. Die vennootskap kan ook beeïndig word met die dood van een van die partye of deur die nietig verklaring daarvan.
Beide die partye moet kennis gee dat hulle 'n burgerlike vennootskap wil regsitreer by 'n spesiale registrasie kantoor. Indien jy onderworpe is aan immigrasie-beheer, sal jy eers die volgende stappe moet neem, alvorens jy mag kennis gee:
Jy moet toestemming gekry het om die
VK binne te kom, spesifiek vir die doeleindes om 'n sodanige
verbintenis te registreer, of
Jy moet 'n sertifikaat kan lewer van die Britse 'Home Office' wat
jou toestemming gee om so 'n verbintenis te registreer, of
Jy moet kan bewys lewer van jou status van permanente verblyf in die
VK.
Jy moet 21 jaar of ouer wees om te kan aansoek doen.
Die registrateur is verplig om enige burgerlike verbintenis te rapporteer aan die Britse owerhede, indien hy/sy oortuig is dat die partye in so 'n verbintenis tree suiwer vir immigrasie-doeleindes.
Vyftien dae nadat daar kennis gegee is dat die partye in 'n burgerlike verbintenis wil intree, kan die verbintenis geregistreer word. Dit word gedoen deurdat die paartjie 'n burgerlike verbintenis dokument teken in die teenwoordigheid van 'n registrateur en twee getuies.
Indien jy die burgerlike vennoot is van 'n persoon wat of 'n Britse burger is of wat permanente verblyf het in die VK, is die maatreëls wat vir jou geld presies dieselfde as vir die eggenote van Britse burgers of eggenote van persone met permanente verblyf. Ingevolge die 'Civil Partner' wet het jy dieselfde regte as wat geld vir getroude paartjies. Dit beteken dat die burgerlike vennoot van 'n Britse burger of persoon met permanente verblyf in die VK, kan aansoek doen vir permanente verblyf na twee jaar in die VK op hierdie status, indien die vennootskap steeds bestaan. Daar is ook geen werksbeperkings op die burgerlike vennoot van 'n Britse burger of iemand met permanente verblyf nie.
Indien jy die burgerlike vennoot is van iemand wat onderhewig is aan immigrasie-beheer in een van die permanente immigrasie kategorieë soos 'n Vlak 1, Vlak 2 of Groot-ouer visum kategorie, kan jy aansoek doen om by hom/haar aan te sluit in die vK as 'n afhanklike, vir dieselfde tydperk as waarvoor sy/haar verblyf toegeken word. Nadat jy die visum as afhanklike ontvang het, sal jy in die VK kan werk, sonder werksbeperkings, mits jou burgerlike vennoot steeds sy/haar immigrasie-status het. Aan die einde van vyf jaar as 'n afhanklike, kan jy aansoek doen vir permanente verblyf, mits julle steeds burgerlike vennote is, die verhouding steeds bestaan en mits jou burgerlike vennoot sy/haar status behou het of intussen permanente verblyf of Britse burgerskap verkry het.
Dit is ook moontlik om die VK binne te kom as die burgerlike vennoot van iemand met 'n studente visum, indien die tipe visum toegeken is vir 'n periode langer as ses maande. Die verblyf wat toegeken word, sal vir dieselfde tydperk wees as waarvoor die studente visum toegeken word en die afhanklike sal mag werk sonder enige werksbeperkings. Dit is egter 'n tydelike kategorie en die tyd sal nie kwalifiseer vir permanente verblyf nie. Beide burgerlike vennote sal die VK moet verlaat wanneer die visum verval of oorskakel na 'n ander immigrasie kategorie.
| VK Permitte en Visums |
| Teken in op Nuusbrief | |
|
| Algemene |
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |