

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 12/3/2010 | ||
Met die VK se grootouer visum kan ‘n burger van ‘n Statebondsland, met ‘n grootouer wat gebore is in die VK. toegang verkry tot die VK om te werk en later hom/haarself in die VK te vestig.
Hoe kwalifiseer ek vir die tipe permit?
Hoe doen ek aansoek en moet ek vooraf toestemming verkry om die VK binne te kom?
Aansoek word gedoen by die Britse Hoë Kommissaris in jou land van herkoms.
Jy moet vooraf toestemming verkry om VK binne te kom op ‘n grootouer visum. In uitsonderlike gevalle sal ‘n persoon toegelaat word om hulle visum status te verander na die van ‘n grootouer visumhouer van binne die VK.Breytenbachs sal in alle gevalle u van hulp kan wees.
Sommige Reëls en Beperkings op die Houer van ‘n Grootouervisum:
Lei hierdie permit na permanente verblyf?
Ja, ‘n maand voor die verstrykingsdatum van die permit – aan die einde van die vyf jaar, kan die visumhouer aansoek doen vir 'permanente verblyf.'. Om te kwalifiseer vir die status moet die aansoeker kan bewys dat hy/sy gewerk het in die VK gedurende hierdie tydperk.
Een van die ander vereistes om te kwalifiseer vir permanente verblyf is dat die houer van die visum moet kan bewys dat hy/sy 'n aaneenlopende tydperk van vyf jaar in die VK was op die visum. Tyd wat buite die VK spandeer word sal nie in ag geneem word indien dit was vir jaarlikse verlof of besigheidsbesoeke verwant aan die houer se werksverpligtinge nie. Indien die tydperk wat buite die VK spandeer is, vir onbetaalde verlof was, sal dit wel geag word as tyd wat buite die VK spandeer is. Enige tye wat buite die VK spandeer word wat nie betaalde verlof is, of besigheidsverwant is nie, moet nie langer wees as 3 maande op 'n slag of ses maande in totaal oor die vyf jaar wees nie. Uitsonderlike redes waarom 'n persoon langer as die tye buite die VK was, sal wel in ag geneem word deur die 'Home Office', maar daar is geen waarborg dat die aansoek sal slaag in so 'n geval nie.
Indien ‘n aansoeker vir een of ander rede nie aan die kriteria voldoen om aansoek te doen vir permanente verblyf nie, kan aansoek gedoen vir ‘n verlenging van die grootouervisum.
| VK Permitte en Visums |
| Teken in op Nuusbrief | |
|
| Algemene |
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |