

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 30/7/2010 | ||
Breytenbachs het ‘n progressiewe en entrepreneuriese praktyk in eiendom en aktebesorging, tesame met ons ander algemene regsdienste. Die prokureurs in die department beskik oor vele jare se internasionale eiendomservaring en kan u gevolglik van die beste hulp en raad verskaf teen koste-effektiewe pryse.
Ons werk in eiendomsreg strek oor alle dissiplines van eiendom. Ons werk in aktebesorging behels die regsproses van die koop en verkoop van enige eiendom – hoe klein of groot - en strek van woonstelle tot huise, asook winkels, fabrieke, plase en besighede en professionele praktyke soos tandheelkundige praktyke ens. Volg asseblief hierdie skakel om meer uit te vind oor die proses van aktebesorging in die VK.
Die suksessyfer van Breytenbachs kan gevind word in die feit dat ons daarna streef om ten alle tye dienste van die hoogste professionele standaarde te verskaf. Ons missie is om te verseker dat ons kliënte die tipe diens ontvang wat hul van regsadviseurs verwag – so vinnig as moontlik, so vriendelik en behulpsaam as moontlik en so effektief as wat ons kundigheid en ervaring gekombineer met moderne tegnologie kan verseker.
Breytenbachs is op die paneel van al die vernaamste banke en bougenootskappe. Ons sien toe tot die registrasie van nuwe verbande asook registrasie van verbande by herfinansiering. Ons goeie verhouding met finansiële instellings verseker dat transaksies glad verloop en skakel onnodige vertragings uit.
Ons word as prokureurs aanbeveel deur een van die bekendste finansiële instellings wat spesialiseer in die finansiering van tandheelkundige praktyke. Terselfdertyd kan ons ook kliënte verwys wat finansiering benodig. Ons kan u ook verwys na spesialis rekenmeesters, sou u sulke dienste benodig.
Wat u behoeftes ookal mag wees, Breytenbachs help graag!
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is
dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| Weereens dan baie dankie vir die duisende vrae wat julle met Job se geduld beantwoord het, al die inligting wat julle stiptelik verskaf het en al die moeite wat julle vir my gedoen het. Ek het die hele SA rond vertel van julle wonderlike, vriendelike en stiptelike diens! Julle het my voorwaar baie spesiaal behandel en laat voel! Ilana Viljoen
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde 313005 |