BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 30/7/2010

Ons Prysbeleid

Breytenbachs se pryse is vasgestel met jou, die kliënt, in gedagte. Ons kompeterende, billike fooie stel jou in staat om deskundige advies te bekom van gekwalifiseerde prokureurs teen realistiese en bekostigbare pryse.

Geen Londense Belading!

Ons fooie vir Immigrasie, Aktevervaardiging en ander regsdienste is heelwat laer as die van ander firmas in ons omgewing. Die feit dat ons kantore sentraal geleë is in Londen bring gerieflikheid mee vir jou as kliënt sonder enige onnodige kostes!

Beste Advies en Geen Verskuilde Uitgawes

Ons sal alles in ons vermoë doen om toe te sien dat jou aansoek suksesvol is. Ons sal egter nie 'n aansoek indien, alvorens ons nie seker is dat daar 'n uitstekende kans op sukses is nie. Indien ons nie glo dat jou aansoek suksesvol sal wees nie, sal ons jou vooraf so inlig, sodat jy self kan besluit of jy wil voortgaan of nie.

Jy kan ook gerus wees dat jy vriendelike, professionele advies ontvang van gekwalifiseerde prokureurs wat moet voldoen aan die streng vereistes wat aan ons neergelê word deur die Britse Prokureursorde. Ons sal jou ook voorsien van die nuutste inligting en die beste advies in jou unieke omstandighede.

Vaste Kwotasies

Anders as baie ander prokureur-firma's en visum agentskappe, wat slegs bereid is om geskatte pryse te voorsien, onderneem ons om jou te voorsien van 'n vaste kwotasie vir immigrasie werk sodat jy gemoedsrus kan hê oor wat dit gaan kos en nie later onkant gevang word met addissionele en verskuilde kostes nie.

Ons sal kliënte inlig in gevalle waar ons nie 'n vaste kwotasie kan gee nie.

BTW

Aansoekers buite die grense van die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie is nie onderhewig aan BTW nie.

Indien jy egter wel aansoek doen van binne die grense van die VK of die Europese Unie sal 'n BTW-koers van 17.5% op alle transaksies gehef word. 

Gratis Advies Beleid

Ons glo dat dit baie gevaarlik kan wees om gratis advies te gee na 'n kort kommunikasie, aangesien dit baie belangrik is om al die feite te hê voor 'n mens 'n persoon behoorlik kan adviseer. Somstyds kan skynbare onbelangrike of irrelevante inligting 'n saak maak of breek.

Ons het ook ongelukkig in die verlede gekry dat sommige mense ons gratis advies beleid misbruik. Dit het noodwendig daartoe gelei dat ons gekwalifiseerde en professionele personeel se aandag afgetrek word van bestaande kliënte. Ons doel is om ons onverdeelde aandag aan kliënte te gee. Ons kan daarom nie gratis advies gee aan persone wat nie kliënte is nie of wat nie beoog om kliënte van die firma te word nie. 

Ons gekwalifiseerde prokureurs en personeel is verbind tot langtermyn verhoudings met kliënte om 'n professionele, vinnige en effektiewe diens te verskaf.

Indien jy 'n baie kort navraag het, sal ons dit graag antwoord, maar ons behou die reg voor om gratis advies te weier.

Vir meer gedetailleerde en in-diepte navrae, stel ons voor dat jy eerder gebruik maak van ons konsultasie-dienste teen 'n nominale fooi. Hierdie fooi sal afgetrek word van jou finale aansoekfooi, sou jy besluit om gebruik te maak van ons dienste binne drie maande vanaf die konsultasie.

Ons wil ook voorstel dat u eers kyk na ons webtuiste, alvorens jy ons skakel vir gratis diens, aangesien jy dalk die antwoord op jou vraag daar kan kry,. Ons doen baie moeite om ons webtuiste gereeld op te dateer met die jongste nuus, reëls en regulasies.

Moenie kanse vat met jou toekoms nie! Kom na Breytenbachs vir die beste advies en gemoedsrus!

Breytenbachs se pryse is vasgestel met jou, die kliënt, in gedagte. Ons kompeterende, billike fooie stel jou in staat om deskundige advies te bekom van gekwalifiseerde prokureurs teen pryse wat realisties en bekostigbaar is.

Ons VK Immigrasie Fooie

Waarborg - Geen Visum, Geen Fooi!

Ons het soveel vertroue in ons suksessyfer met permit en visum aansoeke, dat ons ons werk waarborg!

Dit beteken dat indien enige visum of permit aansoek wat deur ons hanteer word, onsuksesvol sou wees, ons nie 'n pennie sal vra nie! Die enigste onkoste vir u die kliënt sal die verpligte fooi aan die Britse Regering wees. Dit sluit egter gevalle uit waar valse of verkeerde inligting aan ons verskaf is of waar ons anders ooreengekom het. Hou ook in gedagte dat indien opdraggewing aan ons onttrek word op enige tydstip voor die afhandeling van die aansoek, ons 'n fooi sal hef gebaseer op die tyd wat spandeer is op u aansoek.

In die uitsonderlike gevalle waar ons nie ons werk kan waarborg nie sal ons jou so inlig voor ons die saak inhandig by die Britse departement van Binnelandse Sake, die Britse Hoë Kommissaris of Ambassade in jou land van herkoms.

Eerste Konsultasie

Elke persoon se omstandighede verskil en dit is daarom krities dat ons jou omstandighede deeglik evalueer om die beste en korrekte advies te kan gee vir jou unieke omstandighede.  

 Ons het drie verskillende maniere waarvolgens ons sake evalueer:  

'n Konsultasie by ons kantore in London ( teen 'n fooi van £90 plus BTW)

'n Telefoonkonsultasie (£90 plus BTW)

'n E-evaluering/ e-konsultasie (£20 plus BTW)

Alle konsultasie en evalueringfooie (e-pos/telefoon/persoonlike) word afgetrek van jou finale aansoekfooi, indien jy ons opdrag gee om voort te gaan met jou aansoek binne 10 werksdae van jou konsultasie of e-evaluering. 

'n Telefoon konsultasie kan gereël word op 'n tyd wat jou pas, binne normale kantoor-ure. Ons sal jou skakel op 'n ooreengekome tyd, waar jy ookal is en ook die koste van die telefoonoproep dra. Ons verkies egter oor die algemeen om liefs iemand in persoon te sien vir 'n konsultasie.

Neem asseblief kennis dat ons 'n hoër konsultasie fooi van £190 plus BTW vra vir gekompliseerde sake of in die geval waar iemand die tydperk waarvoor sy/haar visum uitgereik is, oorskry het. Ons sal jou egter vooraf inlig wat die koste van jou konsultasie sal wees. Sodanige fooie is ongelukkig nie aftrekbaar van toekomstige aansoekfooie nie.

Kompeterende Pryse

Al is ons gekwalifiseerde prokureurs, en die meerderheid van ons mededingers nie, is ons fooie ten opsigte permitte en visums uiters kompeterend in vergelyking met visum agentskappe!

Nuus
Engelse Taaltoetse       
Datum bekend vir verpligte taaltoetse vir lewensmaats.  27/07/2010
nog >>
Studente Visums   
Nuwe kriteria aangekondig vir studente visums.  23/07/2010
nog >>
Onderhoud Vereiste
Heroorweging kan nou gevra word vir afgekeurde aansoeke.  23/07/2010
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
...ek is julle baie verskuldig en daar het nog nie 'n dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander het deur julle toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit net doen as werk...Julle moet verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het...

Ilana Viljoen 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde 313005