

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 22/8/2008 | ||
Voordat ‘n persoon in die Verenigde Koningkryk kan werk of bly, hetsy op ‘n tydelike of permanente basis, en nie ‘n Britse burger is nie, moet hy/sy besluit watter visum of permit om voor aansoek te doen. Die keuse van welke permit of visum sal bepaal hoe lank ‘n persoon in die VK kan bly, watter beperkings in terme van indiensneming van toepassing sal wees, sowel as vele ener faktore. Sonder die korrekte permit of visum kan ‘n persoon ook toegang tot die VK geweier word. Dit is daarom krities dat ‘n persoon die korrekte permit/visum vir sy eie unieke omstenighede bekom. Dit is ook moontlik met die meeste permitte en visums om jou status as permit- of visumhouer om te skakel terwyl jy in die VK is.
Wat jy ookal benodig, Breytenbachs sal kan help!
Gebruik asseblief die skakels op die regterkant van hierdie bladsy vir meer inligting oor spesifieke permitte en visums.
As jy Breytenbachs inspan vir hulp met jou permit, visa of permanente verblyf kan jy gerus wees dat jou aansoek by die firma lê met drie defintiewe voorspronge bo ander firmas in die mark. Eerstens, as gekwalifiseerde SA en Britse prokureurs spesialiseer ons in die Britse sowel as Statebond immigrasie-reg en ons prokureurs is altyd op hoogte van die nuutste verwikkelinge in die wetgewing. Tweedens het ons eerstehandse ondervinding van die hele proses om aansoek te doen vir ‘n permit of visa en te verhuis na die VK en verstaan dus wat jy deurgaan. Derdens, hou ons ons fooie in lyn met immigrasie agentskappe in London en is ons fooie is baie laer as die van ander gekwalifiseerde Britse prokureurs.
Ons beskik oor ‘n uitstekende suksessyfer en vra nie ‘n pennie vir onsuksesvolle aansoeke nie. Indien ons voel dat u aansoek nie suksesvol gaan wees nie – miskien omdat u nie kwalifiseer nie of nie die korrekte dokumentasie het nie, sal ons u vooraf inlig en adviseer om aansoek te doen vir ‘n visa of permit waarvoor u wel sal kwalifiseer.
Breytenbachs is ook mense behulpsaam om te immigreer na Suid-Afrika en kan ook help met korter termyn opsies om te woon en te werk in Suid-Afrika. Volg gerus hierdie skakel vir meer inligting.
| VK Permitte en Visums |
| Teken in op Nuusbrief | |
|
| Algemene |
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |