

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 21/11/2008 | ||
As jy beplan om Suid-Afrika tydelik of op ‘n meer permanente basis te besoek en nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie, is jy op die regte plek. Ons het gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse prokureurs by ons kantore in die VK en werk baie nou saam met van die beste immigrasie konsultante in Suid-Afrika om jou die beste van beide wêrelde aan te bied teen werklik bekostigbare pryse.
Ons doen ons bes om te verseker dat jou aansoek vir ‘n permit of visum na Suid-Afrika so vinnig as moontlik afgehandel kan word sodat jy die sonnige weer in Suid-Afrika kan geniet!
Ons kan jou van hulp wees met:
Moet asseblief nie huiwer om ons per e-pos te kontak indien jy verdere inligting benodig nie. Ons help graag!
Verskillende tipe visums is beskikbaar vir persone wat Suid-Afrika op ‘n tydelike basis wil besoek. Die volgende is ‘n baie breë verduideliking van elke tipe visum. Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak vir verdere inligting nie.
Besoekersvisum
Daar kan vir hierdie tipe visum aansoek gedoen word indien u Suid-Afrika wil besoek om te reis of vir doeleindes wat nie werks- of besigheidsverwant is nie. Die visum kan nie 'n tydperk van drie maande oorskry nie, maar kan wel, indien daarvoor aansoek gedoen word by die Departement van Binnelandse Sake, vir 'n verdere drie maande uitgereik word.
Jy moet oor ‘n geldige visum beskik wanneer jy Suid-Afrika binnekom. Britse burgers wat na Suid-Afrika reis vir reisdoeleindes hoef nie vooraf aansoek te doen vir ‘n toeriste visum nie en sal van ‘n stempel in hul paspoort voorsien word wanneer hul Suid-Afrika binnekom.
Besoekersvisums wat 'n tydperk van drie maande oorskry, kan vooraf bekom word deur formeel aansoek te doen daarvoor, alvorens na Suid-Afrika gereis word. Die algemene dokumente wat vereis gaan word vir hierdie tipe visum sluit onder andere in; ‘n geldige retoerkaartjie of kontant deposito, bewys van fondse, dokumentasie wat die persoon se reisplanne uitstippel ens. Ons sal jou graag van ‘n volledige lys verskaf indien jy aansoek wil doen.
Akademiese ‘Sabbatsjaar’ Visum
Jy kan aansoek doen vir hierdie tipe visum indien jy beoog om ‘n ‘sabbatsjaar’ studiekursus in SA te doen. Algemene dokumente wat ingedien moet word sluit in ‘n brief van ‘n akademiese instansie oorsee wat bevestig dat jy in SA wil studeer, sowel as ‘n brief van die akademiese instansie in SA wat jou beoogde studies bevestig.
Liefdadigheid of Vrywilliger Visum
Hierdie visum kan verkry word deur ‘n persoon wat beoog om liefdadigheidswerk of vrywillige werk in SA te onderneem. Die visum word toegeken vir ‘n maksimum periode van drie jaar. ‘n Persoon sal ‘n brief moet kry van die SA instansie wat bevestig dat die persoon in hul diens sal wees, die typerk van indiensneming, besonderhede van indiensneming, sowel as bevestiging van die feit dat geen inkomste ontvang sal word deur die aansoeker van die visum nie.
Navorsingsvisum
Persone wat graag navorsing in SA wil onderneem, kan aansoek doen vir hierdie visum.‘n Navorsingsvisum word toegeken vir ‘n maksimum periode van drie jaar. ‘n Aansoeker moet afgesien van ander algemene vereistes ‘n brief verskaf van die betrokke akademiese instansie wat die tydperk en aard van navorsing in SA uiteensit. Bewys van fondse vir uitgawes moet ook voorsien kan word vir die volle periode van navorsing in SA.
Breytenbachs kan jou behulpsaam wees met die verlenging van Suid-Afrikaanse visums, behalwe in gevalle waar die visum reeds vir die maksimum toelaatbare periode toegeken is, soos byvoorbeeld die liefdadigheids- of navorsingsvisum wat slegs vir drie jaar toegeken word. Nietemin, ons beoordeel graag elke individuele geval en sal op grond van elke persoon se unieke omstandighede ‘n aanbeveling maak vir alternatiewe wat beskikbaar is.
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat ‘n aansoek vir verlenging dertig dae voor die huidige visum verval ingedien moet word. ‘n Verlenging kan ook heelwat administratiewe werk behels. So byvoorbeeld kan ‘n verlenging van ‘n algemene toeriste visum meebring dat ‘n brief van ‘n ouditeur verkry moet word wat bevestig dat die aansoeker R15 000 per maand per familielid beskikbaar het om alle moontlike uitgawes te dek.
Breytenbachs sal jou egter op hoogte kan bring van die volledige vereistes vir die verlenging van elke visum en verseker dat die proses so glad as moontlik vir jou verloop. Ons help graag en wil verseker dat jy die meeste maak van jou verlengde besoek aan Suid-Afrika.
Daar is vele tipes permitte wat oorweeg kan word vir die persoon wat Suid-Afrika op ‘n meer permanente basis wil besoek. Dit is ook krities dat die mees geskikte permit in jou unieke omstandighede gekies word om te verseker dat die aansoek suksesvol is. Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake verander hul reëls en regulasies van tyd tot tyd. Jy kan egter gerus wees dat ons gekwalifiseerde prokureurs en immigrasie-konsultante in Suid-Afrika jou op hoogte sal hou van enige nuwe verwikkelinge in die verband.
Die volgende bespreking is ‘n baie kort uiteensetting van die verskillende opsies wat beskikbaar is. Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak as jy meer wil uitvind oor ‘n sekere area nie, ons help graag!
Diplomatieke Permit
Hierdie tipe permit is beskikbaar vir persone met diplomatieke status. Familielede kan aansoek doen vir werkspermitte.
Studie Permit
‘n Studie permit is beskikbaar vir diegene wat geïnteresseerd is om in Suid-Afrika te studeer. ‘n Suksesvolle applikant sal deeltydse werk kan onderneem wat nie 20 uur per week oorskry nie, gedurende die termyn en kan voltydse indiensneming onderneem tydens vakansie periodes van die betrokke akademiese instansie. Indien ‘n applikant praktiese ervaring moet opdoen as deel van sy/haar studies moet daar toestemming van die SA Departement van Binnelandse Sake verkry word. Afgesien van ander algemene vereistes moet ‘n aansoeker ook ‘n brief kan lewer van die betrokke akademiese instansie as bewys dat die student ingeskryf is by die instansie, relevante besonderhede van die kursus en bevestiging van die feit dat studiegelde betaal is. Vir minderjarige kinders is bewys van mediese voorsiening van kardinale belang.
Permit ingevolge Buitelandse Ooreenkoms
‘n Permit ingevolge ‘n buitelandse ooreenkoms kan bekom word indien die aansoeker ‘n burger is van die land met wie Suid-Afrika so ‘n uitruilooreenkoms het. Die applikant sal inter alia ‘n brief moet verkry van sy regering wat die ooreenkoms uiteenstippel, bevestiging dat die aansoeker deel vorm van so ‘n program, uiteensetting van die applikant se beoogde aktiwiteite terwyl hy/sy in SA is. Daar moet ook bevestig word hoe lank die persoon beoog om in SA te wees en of die applikant beoog om in diens geneem te word al dan nie.
Besigheidspermit
‘n Persoon kan aansoek doen vir ‘n besigheidspermit indien hy/sy ‘n minimum bedrag van R2 500 000 in Suid-Afrika kan investeer. ‘n Persoon kan ook by die SA Departement van Handel & Nywerheid aansoek doen om te kwalifiseer vir ‘n kleiner investeringsbedrag indien die beoogde maatskappy binne sekere sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie val. Werkskepping en betaling van belasting is van kardinale belang. Kategorieë beskikbaar onderskei tussen aansoekers wat ‘n nuwe maatskappy wil stig, en diegene wat wil investeer in ‘n bestaande SA maatskappy.
Werkspermit
Verskeie algemene vereistes geld in die kategorieë, en aansoeke vir werkspermitte word verdeel in die volgende kategorieë; Kwota werkspermitte, Algemene werkspermit, Werkspermitte vir persone met buitengewone vaardighede, Intra-maatskappy oorplasings en Korporatiewe werkspermitte. Kontak ons gerus om te bepaal of jy vir een van die bogenoemde kategorieë kwalifiseer.
Permit vir Afgetrede Persone
Afgetrede persone kan aansoek doen vir die tipe permit indien hulle bewys kan lewer van R20 000 per maand pensioendraende inkomste of netto bates van R12 000 000. Indien die persoon beoog om in diens geneem te word in SA, sal hy/sy bewys moet kan lewer dat daar nie ‘n SA burger is wat bevoeg is om die betrokke pos te vul nie. Persone sal toegelaat word om op 'n seisoen-basis in Suid-Afrika te woon.
Korporatiewe Permit
Hierdie tipe permit word aan die werkgewer uitgereik. Afgesien van die ander algemene vereistes om te kwalifiseer vir die permit moet die werkgewer onderneem om 2% van die werknemer se salaris aan die SA Departement van Binnelandse Sake oor te betaal as ‘n opleidingsfooi.
Uitruilskema Permit
‘n Permit vir uitruilskemas kan georganiseer word vir studies, kulturele en sosio-ekonomiese aangeleenthede, sowel as vir werksdoeleindes.
Breytenbachs kan jou ook behulpsaam wees in jou aansoek vir permanente verblyf in Suid-Afrika. Die tydperk ingevolge waarvan ‘n persoon kan kwalifiseer vir permanente verblyf in SA verskil van kategorie tot kategorie. Breytenbachs sal egter graag jou unieke omstandighede in oënskou neem en jou inlig of jy kwalifiseer al dan nie.
Die volgende kategorieë kan lei tot permanente verblyf in Suid-Afrika.
Werkspermit, Eggenoot van ‘n SA Burger of Permanente Verblyfhouer, Kind van SA Burger of Permanente Verblyfhouer (kategorie verdeel vir onder en bo 21 jaar oud), Persone wat vir meer as 5 jaar in Suid-Afrika met 'n geldige werkspermit werksaam is, Permanente Werksaanbieding, Permit vir Buitengewone Vaardighede, Aansoekers wat ‘n besigheid in SA wil begin of in ‘n bestaande besigheid wil belê, Permit vir Afgetrede Persone en ‘n bewys van ‘n eerste stap verwantskap aan ‘n SA burger of inwoner.
Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie. Ons help graag!
| Nuus |
| Britse Eiendomsmark |
| Ergste daling in huismark dalk nou verby. 12/11/2008 |
| nog >> |
| Britse Immigrasie |
| Huidige werkspermit skema verval op 26 November 2008. 29/10/2008 |
| nog >> |
| Twee-jaar Werksvakansie |
| Tyd om aansoek te doen vir die gewilde visum raak baie min. 29/10/2008 |
| nog >> |
| Breytenbachs Suid-Afrika |
| Skakel Breytenbachs SA vir twee jaar werkvakansie visums by (+27) 12 460 9959 |
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en
dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan
aansoek doen nie. Is dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| I would like to take this opportunity to thank you all for your hard work put in for my work permit application. I am sure you do understand how grateful I am! Thank you very much. Due to my passport coming back so early I am able to go celebrate Christmas with my family under sunny SA skies! There is no better place than home - thank you!! Cledia Pate
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |