

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 12/3/2010 | ||
Breytenbachs het in Februarie na nuwe kantore getrek in Londen.
Ons is nou gebaseer in kantore meer geskik vir ons doeleindes en is gerieflik in die hartjie van Londen, baie naby aan die St Paul's Katedraal. Ons nuwe kantore is ook baie maklik bereikbaar met publieke vervoer.
Jy is welkom om ons kantore te skakel vir aanwysings na die kantoor, of jy kan die Kontak ons gedeelte op ons webwerf besoek vir 'n kaart en aanwysings.
Ons nuwe telefoonnomer is 0207 248 4100 en ons nuwe faksnommer is 0207 248 0101.
Ons sien daarna uit om jou te sien by ons nuwe kantore! Derde Vloer, 3 Creed Court, 5 Ludgate Hill, Londen, EC4M 7AA.
Die BBC het berig dat syfers van die finansiële dienste-firma Moneyfacts daarop dui dat die beskikbaarheid van verbande vir huiskopers toegeneem het oor die afgelope jaar.
In die begin van Maart 2010, was daar 1,798 tipe verbandlenings beskikbaar wat 'n deposito van tussen 0 en 40% vereis het. Dit is 68% meer as 'n jaar gelede en 'n verbetering van 6% op die vorige maand.
'n Woordvoerder van Moneyfacts het aan die BBC gesê dat daar 'n toenemende hoeveelheid verbandleners is wat meer akkommoderend is ten opsigte van hul krediet kriteria en dat dit goeie nuus is vir verbruikers. Die woordvoerder het ook gesê dat die rentekoerse saam met die deposito wat vereis word verlaag.
Die BBC het berig dat die Bank van Engeland rentekoerse op die rekord lae vlak van 0.5% gehou het vir die twaalfde maand in 'n ry.
Die Bank het ook besluit om nie enige verdere geld vry te stel in die Britse ekonomie ingevolge sy kwantitatiewe beleid nie, aangesien die beplande £200 biljoen reeds spandeer is.
Volgens die nuutse verslag van die Britse 'Department for Communities and Local Government' (DCLG) oor huispryse, het pryse in die VK met 2.9% gestyg in die jaar 2009. Volgens die verslag het pryse nou gestyg vir die agste maand in 'n ry.
Die BBC het berig dat die hoof-ekonoom by Global Insight gesê het dat feitlik alle huisprys-indekse, insluitende die een deur die DCLG, toon dat huispryse 'n trog bereik het in die eerste maande van 2009 en sedertien verbeter het. Hy het verder gesê dat die oplewing in huispryse sedert die vroeë maande van 2009 'n direkte gevolg is van groter bekostigbaarheid en verlaagde rentekoerse.
![]()
As jy belangstel om Britse eiendom te koop en graag meer inligting wil bekom oor ons dienste - ons bekwame span is daar om jou te help!
Die Britse 'Home Office' het aangekondig dat nuwe immigrasie fooie in werking gaan tree vanaf Dinsdag, 6 April 2010.
Breytenbachs beveel alle kliënte aan wat vir enige tipe permit of visum wil aansoek doen en die prysverhoging wil vryspring, om onverwyld met ons in aanraking te tree.
Die Britse 'Home Office' het aangekondig dat, vanaf 22 Februarie 2010, studente wat wil aansoek doen vir 'n studente visum ingevolge Vlak 4 van die punte-gebaseerde stelsel 'n bevestiging van die aanvaarding van hul studies (confirmation of acceptance of studies (CAS)) moet hê van die opvoedkundige instansie waar hulle beoog om te studeer.
Vanaf 22 Februarie 2010 sal alle studente visum briewe vervang word met CAS, die elektroniese stelsel. Aansoekers sal deur die opvoedkundige instansie waar hulle beoog om te studeer uitgereik word met 'n CAS verwysingsnommer, pleks van 'n fisiese studente visum brief.
Vanaf 22 Februarie sal studente visum briewe nie meer aanvaar word nie, selfs al is dit uitgereik voor 22 Februarie 2010.
Die Britse 'Home Office' het aangekondig dat vanaf 3 Maart 2010 strenger reëls in werking gaan tree vir nie-Europese studente. Alle Vlak 4 aansoeke wat ingehandig word op of na hierdie datum sal onderworpe wees aan die nuwe reëls. Volgens die Britse 'Home Office' word hierdie streng nuwe reëls geïmplementeer om die misbruik van die Vlak 4 te verhoed.
Die nuwe reëls geld nie vir studente wat na die VK kom om 'n 'foundation degree' en kursussse op graad-vlak of hoër te studeer nie. Kinder studente by onafhanklike skole word ook vrygestel van die nuwe reëls.
Vir studente wat kursusse onder hierdie vlak studeer sal die volgende reëls geld;
Vir verdere inligting hieroor, of om aansoek te doen vir 'n studente visum, kontak gerus een van ons adviseurs by info@breytenbachs.com. Ons help graag!
Die BBC het berig dat as voorstelle deur die Departement van Gesondheid aanvaar word, besoekers aan die VK moontlik gesondheidsversekering sal moet uitneem alvorens hulle die VK kan besoek.
Die voorstel is skynbaar 'n poging deur die Britse regering om te voorkom dat mense die VK binnekom vir mediese behandeling en dan nie daarvoor betaal nie. In 'n ander immigrasie dokument word daar ook voorgestel dat toegang tot die VK geweier kan word aan persone wat die VK geld skuld vir vorige mediese behandeling wat hulle ontvang het.
Volgens die NHS word daar jaarliks meer as £25miljoen spandeer aan mediese behandeling van oorsese besoekers, waarvan ongeveer £5 miljoen afgeskryf moet word.
Indien die voorstelle aanvaar word, sal die NHS 'n lys van migrante wat nie vir mediese dienste betaal het nie, verskaf aan immigrasie-amptenare van later vanjaar af. Die migrante sal dan toegang tot die VK geweier word, alvorens hulle hul skuld vereffen. Die voorstel sal nie oorsese besoekers van die Europese Ekonomiese area en ander lande met wie die VK gesondheidsooreenkomste het raak nie.
Syfers van die Kantoor van Nasionale Statistiek dui daarop dat immigrante uit Sentraal en Oos-Europa steeds afneem.
In die jaar tot Junie 2008, was daar 100,000 nuwe aankomelinge uit die lande, in vergelyking met 68,000 in die jaar tot Junie 2009. Immigrasie uit die lande het dus met 'n derde afgeneem in 'n tydperk van 'n jaar.
Ander syfers toon dat meer as 500,000 mense na die VK gekom het in die jaar tot Junie 2009. In dieselfde tydperk het sowat 370,000 mense die VK verlaat, wat die netto toename in die bevolking vir die tydperk te staan bring op 147,000.
Die hoeveelheid mense wat aansoek gedoen het vir Britse burgerskap het met sowat 'n derde gestyg in die laaste kwartaal van 2009, 'n syfer van 51,315.
Die BBC het berig dat die Minister van Immigrasie, Phil Woolas gesê het dat die syfers wys dat Brittanje nie meer 'sag' is oor immigrasie nie.
Die senior vennoot van Breytenbachs, Hannes Breytenbach, is tans in Suid-Afrika vir 'n besigheidsbesoek.
Hy is beskikbaar vir konsultasies op Vrydag, 12 Maart, asook die week van 15 - 19 Maart 2010.
Indien jy 'n afspraak met hom wil maak vir 'n konsultasie is jy welkom om Marieta van Greunen te kontak by marieta@breytenbachs.com of jy kan vir Barbara Prinsloo skakel in SA by telefoonnommer 082 375 6375.
Ons SA assosiaat kantoor in Pretoria het twee poste beskikbaar vir Persoonlike Assistente.
Hulle is op soek na professionele, vriendelike individue wat trots is op hul werk. Kandidate moet hoogs georganiseerd wees en oor die vermoë beskik om 'n besige werkslading te hanteer. 'n Uitstekende tikspoed en goeie Engelse taalvaardigheid is 'n vereiste vir die pos.
Indien jy dink jy is 'n geskikte kandidaat, stuur asseblief jou CV met 'n dekbrief aan jacinda@breytenbachs.com
![]()
Wil jy in die VK werksondervinding opdoen, maar nie seker oor watter permit of visum jou die geleentheid gaan gee om dit te doen nie? Of sommer net nuuskierig om te sien of jy kwalifiseer? Hoekom vind jy nie uit nie? Breytenbachs kan 'n e-evaluasie doen van jou omstandighede maak nie saak waar in die wêreld jy is nie!
![]()
My dogter doen uitsonderlik goed op skool en wil graag na skool verder studeer in Brittanje. Is dit moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer of is daar groot administratiewe reëlings in terme van visums om die droom van haar te kan realiseer?
Dit is inderdaad moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer. Dit is ook heeltemal binne bereik vir Suid-Afrikaners om ’n studente visum te bekom vir die land, indien hulle gekeur word vir studie aan ’n Britse opvoedkundige instansie.
Een van die ander groot voordele vir ’n Suid-Afrikaner wat gradueer aan ’n Britse universiteit, is dat die persoon kwalifiseer vir die Vlak 1, Na-Studie permit.
Die tipe permit laat die afgestudeerde student toe om vir twee jaar in Brittanje te woon en werk, en sodoende waardevolle internasionale werkservaring opbou, sonder die vereiste van ’n werkspermit. Binne die twee jaar kan hy/sy dan oorskakel na ’n meer permanente tipe permit, wat hom/haar later sal kwalifiseer vir Britse burgerskap.
’n Studente visum is dus definitief ’n baie goeie opsie vir iemand soos jou
dogter. Kontak gerus ons kantore vir meer inligting.
Kliënte wat 'n testament wil opstel (en elkeen behoort) kan na Breytenbachs kom vir hulp. Ons sal vir 'n jou 'n vraelys gee, sodat ons kan bepaal wat jy nodig het. Die testament of gesamentlike testamente word dan voorberei om geteken en gedateer te word. Gewoonlik ontmoet ons met die kliënt wat 'n testament wil opstel, maar ander reëlings kan ook getref word - waar die kliënt byvoorbeeld in Suid-Afrika is. Ons beveel ook aan dat waar 'n kliënt bates in Suid-Afrika en elders het, 'n testament vir Suid-Afrika en 'n testament vir die ander bates opgestel word.
Elke testament moet aandui wie die eksekuteur(s) is. Waar kliënte dit so verkies kan die vennote van Breytenbachs, alleen of saam met familie-lede aangewys word as eksekuteurs. Dit kan voordelig wees om kontinuïteit te verseker in gevalle waar die eksekuteur moontlik voor die testateur die lewe verlaat.
Indien 'n persoon te sterwe kom kan Breytenbachs help met boedelbelasting en in gevalle waar daar nie 'n testament gemaak is nie met die administrasie hier rondom.
Kontak ons gerus vir verdere inligting.
![]()
By Breytenbachs poog ons konstant om ons dienste te verfyn en slegs die allerbeste kliëntediens te lewer. Ons waardeer enige terugvoer en kommentaar van kliënte aangesien dit ons kan help, om jou beter te kan help!
Volg gerus hierdie skakel om jou terugvoer te stuur!
![]()
Het jy hulp nodig om 'n SA permit of visum vir jou nie-Suid-Afrikaanse eggenoot te reël om in Suid-Afrika te woon of werk? Of het jy enige ander vrae oor immigrasie na SA? Ons geregistreerde konsultante wag om jou te help!
Kliek hierso vir ons aanlyn Evaluasie-vorm!
Met die Wêreldbeker op ons stoep, is alle oë op Suid-Afrika en al hoe meer SAFFAS keer terug huistoe. Gelukkig, te danke aan die Homecoming Revolution byeenkoms 2010, word jou terugtog Suid-Afrika toe al hoe makliker.
Met bekende sprekers en alles onder een dak oor werksgeleenthede, hoe om jou eie besigheid te begin, koop van eiendom, skole, vervoer-maatskappye - is daar nie 'n beter plek om te wees nie.
Die byeenkoms vind plaas by die Olympia Konferensie sentrum, W14 8UX op Saterdag, 20 en 21 Maart 2010.
Kaartjies verkoop vir £10.00. Vir meer inligting besoek gerus www.homecomingrevolution.co.za/woza/
Kinders is welkom en moenie vergeet om 'n sagte kopie van jou CV saam te bring nie!
![]()
Uitnodiging deur TUKS Alumni om Prof Cheryl de la Rey te ontmoet by die Homecoming Revolution byeenkoms - 20 Maart 2010
TuksAlumni nooi u uit om Prof Cheryl de la Rey, vise-kanselier van die Universiteit van Pretoria te ontmoet. Prof De la Rey is een van die sprekers by die Homecoming Event se byeenkoms in Londen op 20 Maart 2010 en deel van 'n paneel sprekers wat gaan gesels oor Suid-Afrika se uitdagings.
Die byeenkoms vind plaas by die Olympia Konferensie sentrum, W14 8UX op Saterdag, 20 en 21 Maart 2010.
Kaartjies verkoop vir £10.00. Vir meer inligting besoek gerus www.homecomingrevolution.co.za/woza/
![]()
Afrikhaki - 9 April 2010
AFRIKHAKI bied Suid-Afrikaners in Londen die geleentheid om die verlange huis toe te troos met die beste vermaak wat Afrikaanse musiek bied. ‘n Professionele vertoning van meer as 3 ure se topklas vermaak met uitstekende beligting en klank! Ons gaan dans, sing en partytjie hou soos net Suid-Afrikaners kan.
Kurt Darren is die topverkoper in Suid-Afrika en die vlagdraer vir die Afrikaanse musiekbedryf. Elke album se verkope oortref die vorige een, met sy nuutste album, ‘Beste Medisyne’ wat die 100 000 merk oortref het binne dae. Sy enigste vorige optrede in Londen was in 2008 in Hyde Park en nou is hy terug by Afrikhaki in Londen met sy eerste volle vertoning. Ondersteuners sal bederf word met al sy treffers, insluitende ‘Loslappie’, ‘Alleen’, ‘Staan op’, ‘Af Af Af’ en ‘Kaptein’.
Arno Jordaan is een van die opkomende sterre van die Afrikaanse musiekbedryf. Hy het reeds 5 solo albums die lig laat sien en hy het ook al by 5 toetse die volkslied vir die Springbokke gesing. In 2009 het hy die eerstekeer by Skouspel in Sun City opgetree. Arno se energieke verhoogpersoonlikheid sal Londen op hul voete hou en sy optrede sal sy treffers ‘Plek vir jou by my’, ‘Gooi jou hande in die lig’, ‘Gee my’ en ‘Engele’ insluit.
Afrikhaki moenie misgeloop word nie – bespreek nou om teleurstelling te voorkom! Verwys gerus na die webblad, www.afrikhaki.co.uk vir meer inligting en kontak info@afrikhaki.co.uk vir navrae oor baba- en kinderop passersdiens.
![]()
Saracens vs Harlequins - 17 April 2010
Die Saracens vs Harlequins wedstryd vind plaas op Saterdag, 17 April 2010 by die Wembley Stadion. Daar gaan ook 'n karnival wees met akrobate en vele ander vermaak. Kyk ook uit vir 'n vertoning deur Right Said Fred.
Kaartjies vir volwassenes verkoop vanaf £10 en vir kinders jonger as 16 vanaf £5. Bespreek nou by www.ticketmaster.co.uk of skakel 0844 847 2482.
Vir meer inligting oor losies
en korporatiewe pakkette, kontak vir
Ed Clark by 01727 792825 of stuur 'n epos aan
edwardclark@saracnes.net
'A sleeping giant of a rugby club with strong South African ties and Premiership ambitions is making waves in England’s lower leagues. London South Africa (LSA) was established three years ago with the vision of progressing from the canvas of the English club scene in the Surrey County Leagues to the Premiership. They gained promotion in their first year and followed that up with another promotion year, which saw them progress to London 4.' - Artikel verskyn op die Webtuiste Super 14
Volg gerus hierdie skakel vir 'n video oor die klub se bedrywighede of besoek hulle webtuiste vir meer inligting.
Breytenbachs is trots om die Londen Suid-Afrika klub met hul regswerk te help en te ondersteun en wens die klub alles van die beste toe!
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is
dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| ...ek is julle baie verskuldig en daar het nog nie 'n dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander het deur julle toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit net doen as werk...Julle moet verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het... Ilana Viljoen
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde |