BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 30/7/2010

Sosiale Kalender



 

Springbok Supporters Klub - Julie 2010

Die Springbok Supporters Klub is weer geloods in Julie 2010!

Jy kan duisende ponde spaar deur jou lidmaatskap by die klub! Word deel van 'n groot groep Bok ondersteuners by: Twickenham, Murrayfield, Millenium Stadium and Landsdowne Road.

Jy kan nou reeds registreer vir die nuwe klub by www.springboksupporter.co.uk en in die proses 2 kaartjies wen vir die wedstryd van jou keuse in November.

Wees deel dan die SA familie in die VK! Vir meer inligting besoek die klub se webwerf.



 

ZAUK Lewensstyl Fees - 21 Augustus 2010

'n Studie is gedoen op verskilende kulture in die VK  en dit lyk of al die kulture geneig is om saam te drom by hul groeperings. Suid-Afrikaners aan die ander kant bly regoor die VK, en nie noodwendig tussen ander Suid-Afrikaners nie - wel, dit is nou Wimbledon uitgesluit!

So, vir een dag wil ZAUK soveel as moontlik Suid-Afrikaners bymekaar bring en die SA lewensstyl vier! Britse vriende is natuurlik ook welkom!

Die gebeurtenis gaan plaasvind op 21 Augustus, en daar gaan 7's rugby wees van top SA klubs, 2 fantastiese SA rock groepe - Feral Sun en Swarm. Daar is ook 'n kans om 'n kar te wen ter waarde van 8,000 pond - geborg deur Breytenbachs. Jy kan ook SA vs die All Blacks kyk op 'n groot skerm, die talle stalletjies besoek, aan boeresport deelneem, braai, of aan die potjiekos-kompetisie deelneem. 'n Spesiale speel-area is ook beskikbaar vir kinders. Kaartjies is nou reeds beskikbaar, so koop joune om teleurstelling te voorkom. Kaartjies kos £10 per persoon en onder 16 is gratis.

Die fees ondersteun die Peninsula 77 Round Table in Kaapstad se fondsinsameling.

Moenie hierdie geleentheid misloop, slegs 30 minute buite Londen nie. Besoek www.zauk.co.uk vir meer inligting. 


 

Indien jy belangstel om jou vertoning/optrede of byeenkoms op hierdie bladsy te adverteer, kontak ons gerus met die besonderhede by info@breytenbachs.com


Nuus
Engelse Taaltoetse       
Datum bekend vir verpligte taaltoetse vir lewensmaats.  27/07/2010
nog >>
Studente Visums   
Nuwe kriteria aangekondig vir studente visums.  23/07/2010
nog >>
Onderhoud Vereiste
Heroorweging kan nou gevra word vir afgekeurde aansoeke.  23/07/2010
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
I would like to take this opportunity to thank you all for your hard work put in for my work permit application. I am sure you do understand how grateful I am! Thank you very much. Due to my passport coming back so early I am able to go celebrate Christmas with my family under sunny SA skies! There is no better place than home - thank you!!

Cledia Pate 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde 313005