

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Wed, 10/3/2010 | ||
Breytenbachs is ‘n prokureursfirma wat spesialiseer in immigrasie, eiendomsreg asook ander algemene regsdienste. Ons is trots op ons reputasie van uitstekende diens, vinnige resultate en vriendelike, persoonlike diens. Ons pryse is vasgestel om ons kliënte te akkomodeer en deskundige regsadvies te bied teen hoogs kompeterende pryse.
Ons ondervind tans probleme met ons telefoonlyne. BT werk tans aan die probleem en ons hoop om die probleem gou uitgesorteer te hê. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.
Intussen is jy welkom om ons te kontak via e-pos.
Sedert Maandag, 1 Februarie 2010 is Breytenbachs by nuwe kantore! Ons het getrek na nuwe kantore, meer geskik vir ons doeleindes.
Ons is steeds gerieflik bereikbaar in die hartjie van Londen, naby St Paul's katedraal. Die kantore is ook baie maklik bereikbaar met publieke vervoer. Skakel ons gerus vir aanwysings na ons kantore, of besoek die Kontak ons gedeelte op ons webwerf vir aanwysings en 'n kaart.
Wees verseker dat dit besigheid soos gewoonlik is en jou saak sal steeds die toegewyde, professionele aandag van ons span kry. Jy kan ons nou ook skakel op ons nuwe nommer 0207 248 4100 of stuur vir ons 'n faks na 0207 248 0101. Al ons e-pos addresse het dieselfde gebly.
Ons sien daarna uit om jou te sien by ons nuwe kantore! Derde Vloer, 3 Creed Court, 5 Ludgate Hill, EC4M 7AA.
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is
dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| Weereens dan baie dankie vir die duisende vrae wat julle met Job se geduld beantwoord het, al die inligting wat julle stiptelik verskaf het en al die moeite wat julle vir my gedoen het. Ek het die hele SA rond vertel van julle wonderlike, vriendelike en stiptelike diens! Julle het my voorwaar baie spesiaal behandel en laat voel! Ilana Viljoen
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde |