BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 30/7/2010

Kontak Ons

Ons help graag en jy is welkom om jou vrae, kommentaar of voorstelle aan ons te stuur.  Jy kan ook die kliënte terugvoer vorm gebruik om ons te laat weet waar ons kan verbeter of om ons te komplimenteer! Indien jy belangstel in ‘n evaluasie van jou immigrasie status of enige algemene navrae het kan jy gerus een van die onderstaande vorms voltooi.

E-Evaluasie - Britse Permitte & Visums

Vir 'n in-diepte evaluering van jou omstandighede deur 'n gekwalifiseerde prokureur, gebruik asseblief hierdie vorm. Ons hef 'n nominale fooi van £20 plus BTW vir hierdie diens. Hierdie fooi sal afgetrek word van jou finale fooi, sou jy besluit om gebruik te maak van ons dienste binne 3 maande nadat jy van hierdie e-evaluasie diens gebruik gemaak het.

Indien ons van hierdie evaluering aflei dat jy wel kan kwalifiseer vir 'n Vlak 1 permit vir Hoogs Geskoolde Persone of 'n Vlak 2 permit vir Geskoolde Werkers, sal ons jou voorsien van 'n sertifikaat wat dit bevestig. Dit behoort jou onderhoud met 'n voornemende Britse werkgewer soveel makliker te maak!

Neem asseblief kennis dat hierdie vorm vir alle Britse Immigrasie navrae is - dus alle permitte, visums, permanente verblyf en burgerskap aangeleenthede.

E-Evaluasie - Immigrasie na Suid-Afrika

Vir 'n in-diepte evaluering van jou omstandighede en advies oor Immigrasie na Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse permitte en visums, gebruik asseblief hierdie vorm. Ons hef 'n nominale fooi van £20 plus BTW vir hierdie diens. Hierdie fooi sal afgetrek word van jou finale fooi, sou jy besluit om gebruik te maak van ons dienste binne 3 maande nadat jy van hierdie e-evaluasie diens gebruik gemaak het.

Algemene Navraag Vorm

Gebruik asseblief hierdie vorm vir baie kort algemene navrae oor enige van ons regsdienste. Ons hef gewoonlik nie 'n fooi vir hierdie diens nie. Indien jy egter 'n immigrasie navraag het wat 'n meer gedetailleerde antwoord vereis, moet jy asseblief eerder een van die bostaande e-evaluasie vorms voltooi.

Kliënte Terugvoer

As deel van ons verbintenis tot kliëntediens verwelkom ons enige kommentaar of voorstelle. Gebruik gerus hierdie vorm vir jou terugvoer.

Ons Fisiese Adres & Ander Kontakbesonderhede:

Derde Vloer
3 Creed Court
5 Ludgate Hill
LONDON
EC4M 7AA
Tel: +44 (0) 207 248 4100
Faks: +44 (0) 207 248 0101

Aanwysings:

Van St Paul's tube stasie, neem uitgang 2
Draai links verby Ernest Jones en neem die paadjie, St Paul's churchyard na St Paul's katedraal se hoof-ingang.
Oor die zebra strepe en hou aan stap na die rigting van HSBC
Creed Court is dan op die linkerhand langs Costa.

Volg asseblief hierdie skakel vir ‘n kaart na ons kantore.

SA Geaffilieerde Kantoor Kontakbesonderhede:

Breytenbachs Immigration & Property BK
40, 26ste Straat
Menlo Park
Pretoria
0081

Tel: +27 (0) 12 460 9959
Faks: +27 (0) 12 460 9959


Indien jy enige kommentaar, vrae of voorstelle het, is jy ook welkom om dit aan ons te e-pos by info@breytenbachs.com

Indien jy enige aangeleentheid of klag direk met ons senior vennoot, Hannes Breytenbach wil bespreek, e-pos dit gerus aan hom by hannes@breytenbachs.com

 

Nuus
Engelse Taaltoetse       
Datum bekend vir verpligte taaltoetse vir lewensmaats.  27/07/2010
nog >>
Studente Visums   
Nuwe kriteria aangekondig vir studente visums.  23/07/2010
nog >>
Onderhoud Vereiste
Heroorweging kan nou gevra word vir afgekeurde aansoeke.  23/07/2010
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
Weereens dan baie dankie vir die duisende vrae wat julle met Job se geduld beantwoord het, al die inligting wat julle stiptelik verskaf het en al die moeite wat julle vir my gedoen het. Ek het die hele SA rond vertel van julle wonderlike, vriendelike en stiptelike diens! Julle het my voorwaar baie spesiaal behandel en laat voel!

Ilana Viljoen 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde 313005