BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Fri, 30/7/2010

Julle vra, ons antwoord


Vraag: 

My dogter doen uitsonderlik goed op skool en wil graag na skool verder studeer in Brittanje. Is dit moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer of is daar groot administratiewe reëlings in terme van visums om die droom van haar te kan realiseer?

Antwoord:

Dit is inderdaad moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer. Dit is ook heeltemal binne bereik vir Suid-Afrikaners om ’n studente visum te bekom vir die land, indien hulle gekeur word vir studie aan ’n Britse opvoedkundige instansie.  

Een van die ander groot voordele vir ’n Suid-Afrikaner wat gradueer aan ’n Britse universiteit, is dat die persoon kwalifiseer vir die Vlak 1, Na-Studie permit.  

Die tipe permit laat die afgestudeerde student toe om vir twee jaar in Brittanje te woon en werk, en sodoende waardevolle internasionale werkservaring opbou, sonder die vereiste van ’n werkspermit. Binne die twee jaar kan hy/sy dan oorskakel na ’n meer permanente tipe permit, wat hom/haar later sal kwalifiseer vir Britse burgerskap.  

’n Studente visum is dus definitief ’n baie goeie opsie vir iemand soos jou dogter.  

Kontak gerus ons kantore vir meer inligting.

Vraag: 

Ek het onlangs in Brittanje gearriveer met my twee-jaar werksvakansie visum. Ek hoor nou stories dat die tipe visum opgeskort is. Hoe gaan dit my beïnvloed, sowel as my vriende wat in Namibië is wat nog wil aansoek doen vir die visum? 

Verder, ek is bietjie teleurgesteld met die reaksie wat ek gekry het van personeel-agentskappe oor die kontrakte wat ek in my werksveld kan kry. Blykbaar verkies werkgewers om langer kontrakte vir mense te gee op permanente visums, soos die HSMP. Sal dit moontlik wees vir my om oor te skakel na ’n permanente visum van ’n werksvakansie visum?

Antwoord: 

Dit is inderdaad so dat die twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Dit het plaasgevind op 26 November 2008 en die nuwe Jeug-Mobiliteit skema wat dit vervang het in werking getree op 27 November 2008. Die nuwe skema is egter net beskikbaar vir burgers van Australië, Nieu-Zealand, Japan en Kanada. Jou vriende wat dus nie reeds 'n twee-jaar werksvakansie visum het nie, sal na ander opsies moet kyk.

Die goeie nuus is dat mense soos jyself, wat reeds ‘n twee-jaar werksvakansie visum het, nie geraak sal word deur die implementering van die nuwe skema nie en toegelaat sal word om hulle visum te voltooi onder die huidige reëls.  

Die Jeug Mobiliteit-skema sal werk op die beginsel van balans. Burgers van lande wat deelneem aan die skema sal toegelaat word om in die VK te woon en werk vir twee jaar, mits jong Britse burgers dieselfde voordeel mag geniet in die deelnemende land. Elke jaar sal die Britse regering ’n lys van lande publiseer wat kwalifiseer vir die skema, tesame met die hoeveelheid plekke wat beskikbaar is op die skema. Die lys van lande wat in die eerste rondte van die skema mag deelneem is Australië, Kanada, Nieu-Zeeland en Japan.

Dit is ook inderdaad so dat werkgewers in die VK nie vir mense met die twee-jaar werksvakansie visum langtermyn werkskontrakte in ’n professionele rigting kan aanbied nie, aangesien dit strydig is met die reëls van die tipe visum. Dit is om hierdie rede dat personeelagentskappe dikwels mense op die tipe visum wat op soek is na werk in ’n professionele rigting, aanbeveel om oor te skakel na Vlak 1 vir hoogs geskoolde migrante (die ou HSMP permit), indien hulle kwalifiseer, aangesien daar geen werksbeperkings is op die houer van die tipe permit nie. Jy het ook nie ’n werkgewer nodig om namens jou aansoek te doen, soos in die geval van ’n werkspermit nie.  

Die aansoek vir ’n werkspermit of die nuwe Vlak 1 kan ongelukkig nie van binne die VK gedoen word nie en jy moet terugvlieg na jou land van herkoms om die aansoek daar in te dien.  

Kontak ons gerus vir verdere inligting of om uit te vind of jy kwalifiseer vir Vlak 1.


Vraag:

Ek wil vreeslik graag in Brittanje gaan werk. Ek is gegradueerd en het my eie besigheid hier in Suid-Afrika wat baie goed doen, maar wil graag bietjie my vlerke sprei. Is daar ’n tipe permit waarvoor ek sal kan kwalifiseer vir Brittanje?

Antwoord: 

Dit klink of jy ’n uitstekende kandidaat is vir die baie gewilde Vlak 1 – permit vir hoogs geskoolde persone. Hierdie permit laat jou toe om in Brittanje te woon en werk, sonder enige werksbeperkings. Jy kan dus jou eie onderneming begin, of vir ’n werkgewer werk, of selfs die twee kombineer. Dit bied dus baie vryheid vergeleke met ander tipe permitte en visums wat jou nie altyd die tipe vryheid in terme van werksgeleenthede bied nie.  

Die ander voordeel van die tipe permit is dat jy na vyf jaar kan kwalifiseer vir permanente verblyf in Brittanje. Na een verdere jaar kan jy aansoek doen vir Britse burgerskap, en as jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap beskerm, kan jy dubbele burgerskap verkry.  

Ons sal defintief aanbeveel dat jy ons kontak om te bepaal of jy vir die tipe permit kwalifiseer, wat na die beste opsie lyk in jou geval.  

Kontak gerus ons kantore vir meer inligting of besoek gerus ons webwerf waar jy meer kan lees oor die tipe permit.  

Jy is welkom om ons te kontak as jy enige verdere vrae het.  


Vraag: 

Ek is ’n Suid-Afrikaanse burger en is tans in Brittanje met ’n studente visum. Ek is besig met ’n graad-kursus aan ’n Britse Universiteit. Een van my vriende wat saam met my studeer, en ook hier is met ’n studente visum, het vir my gesê dat daar nou ’n Post-studie immigrasie kategorie ingestel is, wat mens in staat sal kan stel om in Brittanje te werk na afloop van ‘n mens se studies. Kan julle my asseblief meer vertel van die skema?

Antwoord:

Die Britse Regering het ’n Vlak 1 (Na-Studie Werk) kategorie in werking gestel, om internasionale graduandi wat in die VK gestudeer het, te behou vir die Britse arbeidsmark.  Die nuwe kategorie is deel van die nuwe punte gebaseerde immigrasie-stelsel wat tans in werking gestel word. Die nuwe kategorie het in werking getree op 30 Junie 2008 en het twee skema’s vervang – die Internasionale Gegradueerde Skema en die Vars Talent: Werk in Skotland Skema.  

Die Vlak 1 Post-Studie Werk kategories sal suksesvolle aansoekers toelaat om in die VK te bly vir ’n tydperk van twee jaar na die suksesvolle voltooiing van hulle graad of na-graadse kursus in die VK. Gedurende hierdie tydperk sal hulle toegelaat word om in die VK te werk en werk te soek, sonder dat hulle ’n borg benodig. Geen verdere permit word dus benodig nie. Dit is gedurende hierdie tyd vir hulle moontlik om na ’n ander punte-gebaseerde kategorie oor te skakel, vir geskoolde of hoogs geskoolde werkers, en hulle word ook aangemoedig om dit te doen.  

Tyd wat gespandeer word in die Vlak 1 Post-Studie kategorie tel nie vir die kwalifiserings-tydperk vir permanente verblyf in die VK nie.  

Kontak gerus ons kantore indien jy meer inligting benodig of wil aansoek doen vir die skema.
 

 

.

Nuus
Engelse Taaltoetse       
Datum bekend vir verpligte taaltoetse vir lewensmaats.  27/07/2010
nog >>
Studente Visums   
Nuwe kriteria aangekondig vir studente visums.  23/07/2010
nog >>
Onderhoud Vereiste
Heroorweging kan nou gevra word vir afgekeurde aansoeke.  23/07/2010
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie visum opgeskort is. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
Net 'n kort nota van dank aan die hele Breytenbachs span. Nie net die raad en advies aan die begin nie, of die deeglikheid van elke persoon nie, maar ook die terugvoer wat ons deurgaans van julle af gekry het. Ek weet dit gaan druk daar by julle, maar die geduld om 'n angsbevange vraag te beantwoord of ten minste altyd vinnig op boodskappe of e-mails te antwoord het nie ongemerk verby gegaan nie.

Phoebus van Deventer 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Gereguleer deur die Britse Prokureursorde 313005