

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Fri, 22/8/2008 | ||
Breytenbachs praktiseer in ‘n reeks van regsdienste, wat onder andere die volgende insluit;
Britse Immigrasie -
werkspermitte, visums,
HSMP's en ander immigrasie aangeleenthede
SA Immigrasie
Britse Eiendomsreg en die oordrag van eiendom
Familiereg, insluitende egskeidings en onderhoud
Litigasie
Kriminele reg
Kontrakte en ander algemene regsdienste
Watter regsaangeleentheid jy ookal het, ons is hier om te help met betroubare en bekostigbare regsadvies. Ons vinnige, vriendelike en effektiewe dienste verseker dat ons kliënte keer op keer weer van ons dienste gebruik maak.
Omrede Breytenbachs ‘n prokureursfirma is, word ons gereguleer deur die Britse Prokureursorde. Dit impliseer dat ons Suid-Afrikaanse en Britse prokureurs aan baie streng riglyne, etiese en professionele riglyne moet voldoen. Dit verskaf ook vir jou die gemoedsrus dat jou saak in die hande van ‘n professionele prokureur is wat aan die hoogste standaarde van professionele optrede in die VK moet voldoen.
Breytenbachs is ook 'n lid van die ‘Immigration Law Practitioners' Association' in die VK of dan kortliks, ILPA. ILPA is 'n organisasie wat hom beywer vir voortreflike advies aan immigrante, sowel as die verteenwoordiging van immigrante oor kwessies wat hulle raak.
Om kompeterend te wees en te wen.
Om die mees suksesvolle Suid-Afrikaanse / Britse regsfirma in Europa te wees,
bekend en gerespekteerd vir die hoogstaande regsdienste wat ons lewer - 'n firma
wat nie net sy werknemers trots maak nie, maar almal wat met die firma
geassosieer is.
Deur progressiewe, deelnemende bestuur en mentorskap bemag ons personeel om hulle volle persoonlike potensiaal te bereik en gevestigde loopbane binne die firma te bou.
Deur kameraadskap in die soeke na uitmuntendheid lewer ons wêreldklas, koste-effektiewe regsdienste wat die verwagtinge van kliënte oorskry en lei tot verdere verwysings.
Deur innoverende, pro-aktiewe denke en handelinge verbeter ons voortdurend ons werksprosedures, tegnologie en dienste om effektiwiteit, winsgewendheid en kompeterendheid te verseker.
Die grondslag waarop ons, ons verhoudinge bou met kliënte, mekaar en die groei van die firma is;
Respek
Integriteit
Professionaliteit
Spanwerk & Lojaliteit
Geduld & Begirp
Uitmuntendheid & Effektiwiteit
Innoverende Denke & Buigsaamheid.
Eer aan God.
'Drie werkers was aan die werkskaf by Chartres toe 'n reisiger daar stop en hulle vra wat hulle besig is om te doen. Die eerste werker het gesê; 'Ek lê 'n steen'. Die tweede een het gesê; ' Ek sit 'n stellasie op'. Maar die derde een het gesê; 'Ek is besig om 'n katedraal te bou'.'
Besoek gerus ook die volgende webbladsye om meer oor ons uit te vind!
| Nuus |
| Ekonomie |
| Britse rentekoerse bestendig gehou op 5% vir Augustus. 08/08/2008 |
| nog >> |
| Britse Immigrasie |
| Nuwe beoogde regulasies vir Vlak 4, Studente visums gepubliseer. 01/08/2008 |
| nog >> |
| Migrante |
| Migrante in die VK moet hul reg om te bly verdien. 15/07/2008 |
| nog >> |
| Breytenbachs Suid-Afrika |
| Skakel Breytenbachs SA vir twee jaar werkvakansie visums by (+27) 12 460 9959 |
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en
dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan
aansoek doen nie. Is dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| I would like to take this opportunity to thank you all for your hard work put in for my work permit application. I am sure you do understand how grateful I am! Thank you very much. Due to my passport coming back so early I am able to go celebrate Christmas with my family under sunny SA skies! There is no better place than home - thank you!! Cledia Pate
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |